Geverifieerde Resensie
Onrus
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Onrus bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 80 resensies.
"Rustige, skoon kusdorpie, heerlike stappaadjies langs die see, baie lekker vis geëet by Moltenos-restaurant."
"People in the Onrus area are very friendly and welcoming. We enjoyed the area immensely."
"Pragtige dorp met die mooiste see en berge. Die groot bome gee 'n besonderse atmosfeer."
"Dit is 'n pragtige deel van ons land, dit is 'n baie skoon area en baie om te doen in die hele Overstrand."
"Ons het by ons kinders in die karavaanpark gekuier en die gedagte dat die groter kinders in die aande buite die park moes gaan vermaak soek, was vir ons bietjie van 'n kwelpunt. "
"Onrus is beautiful. Having the coastal boardwalk is wonderful. The mountains are superb. Having the OK MiniMark is great because you don't have to go into Hermanus unless you absolutely have to."
"Rustige vakansiebestemming. Naby Kaapstad en sal die sterk aanbeveel vir 'n rustige vakansie."
"Onrus is n pragtige dorpie, met ongelooflike see en natuurskoon. Ook naby pragtige plekke soos Rooi Els, Pringlebaai, Kleinmond en Hermanus. Seker van die mooiste kuslyn in ons mooie Suid Afrika."
"Ons is bekend met die Overberg en dit is een van die beste plekke om jou siel te laat rus. "
"Onrus is my hart se plek. Daar is geen beter bestemming in die Wes-Kaap nie! "
"Rustigheid van 'n klein dorpie, maar naby genoeg aan die geriewe en voordele wat Hermanus bied."