Geverifieerde Resensie
Escape From Durban
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Durban bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4650 resensies.
"Bazley Heights, was redelik stil. Geen vertrapping deur ander mense nie. Ons het op geen oomblik onveilig gevoel nie."
"Daar was by sekere strande die riool probleem, maar het dit geniet om van strant tot strant te ry en by 'n hele paar lekker familie plekke geëet en gekuier."
Port Shepstone, Ontsnap Uit Durban
Sea Cottage"Poor infrastructure in Port Shepstone but the house was totally self sufficient and was not affected by any load-shedding or water shortage."
"Ons ken dit as 'n lekker swemstrand, maar as gevolg van die verspoelings het ons eerder St. Michaels toe gery. Uvongo strand was regtig baie vuil."
Richardsbaai, Ontsnap Uit Durban
Dreamers Nest"Richardsbaai het nie 'n ideale swemstrand nie. Dit is 'n lekker area vir visvang, en bied 'n lekker waterfrontuitsig vanaf die klompie restaurante in die area. Die bewoners is opmerkend vriendelik en daar is interessante aansigte op die erosie-verwoeste duine al langs die strand af."
"Ons vermy Margate CBD. Persoonlike gevoel. Baie ander puik winkelsentrums in onmiddelike omgewing wat alles bied."
"Ons het meestal St Michael's toe gegaan want Uvongo was oorstroom, maar dit was eintlik nader."
"Die besighede kry swaar. Baie het reeds toegemaak. Geen aktiwiteite vir kleuters/kinders soos in die verlede nie."
Pietermaritzburg, Ontsnap Uit Durban
Fountains Self-Catering B&B"Daar is nie baie om te doen nie, maar ons het vir 'n rugbytoernooi gegaan."
"Margate se paaie het so bietjie werk nodig. Met die reën sukkel hulle nog om dit op standaard te kry. Alhoewel die pier is baie mooi reggemaak en ons kon lekker visvang daar."
"Umdloti is lekker geleë tussen Umhlanga en Ballito. Dit is baie stiller in Umdloti as bogenoemde bestemmings. Maklik om na die 2 bestemmings vir dagritte te gaan. Die vloede van laasjaar het nog sy merk gelos, maar almal is besig om dinge reg te maak. Baie lekker restaurante veral die Bush Tavern."
Pennington, Ontsnap Uit Durban
Marion's Rest"Was a lovely surprise to see a flourishing restaurant right on the beach. Golf course restaurant, top notch. Lovely beach and forest walks."
"Margate se gewildheid het afgeneem, maar die werk van Tidy Towns dra positief by om weer vakansiegangers te lok."
"Dit is maar afgeleë vir my. Ek gee nie om vir 'n naweek nie, maar persoonlik sal ek nie 'n vakansie daar gaan deurbring nie."
"Sal graag 'n kaart wil ontvang oor waar is besienswaardighede, vir mense soos ons wat nie die plek ken nie."