Geverifieerde Resensie
Escape From Durban
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Durban bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 4636 resensies.
"Heerlike stil deel, genoeg plekke waar kruideniersware beskikbaar is en naby aan 'n groot winkelsentrum."
"Baie skoon en netjiese vakansie dorpie. Baie om te doen en alles is naby aan mekaar."
"Daar is ongelukkig net te min om te doen as jy kinders het maar verder is die kos heerlik oral en die strande pragtig."
"Lekker somer-atmosfeer. Mooi strande, warm see en 'n absolute vakansiestad. Naby winkels en 'n puik "roadtrip" -area."
"Die dorp is mooi skoon en nie te veel slaggate in die strate nie. Toegang tot die strandmeer en staproetes kan aandag geniet, dit wil voorkom of daar net gekonsentreer word op die Groter St Luzia vleilandpark. "
Port Shepstone, Ontsnap Uit Durban
Ocean's Paradise Beach Cottage"Ons verkies stil plekkies en Port Shepstone is effe te bedrywig na ons sin."
"Die dorpie is bietjie afgeleef en strand-infrastruktuur het ook so bietjie opknapping nodig, goed om 1 keer te sien, maar sal nie weer kom nie."
Port Shepstone, Ontsnap Uit Durban
Big Bay Beach House"Baie om te doen! Naby aan Shelly Beach en Margate! Baie stande om van te kies."
"Jammer soveel besighede is toe en staan leeg! Jammer daar word niks aan die verlate glybaan gedoen nie! Die glybaan is n goeie tyd verdryf as die weer en wind nie strand toe gaan toelaat! Baie mooi en skoon dorp!"
Southbroom, Ontsnap Uit Durban
3 Lagoon Getaways"Southbroom is baie naby aan baie toeriste aantreklikhede en mens kan maklik rond ry binne 10 min. Vir ons was die see nie so 'n groot probleem nie, want ons bly langs die kus, daar is 'n strand naby vir diegene wat op die strand wil kuier."
Richardsbaai, Ontsnap Uit Durban
The Crayzee Fish Guest House"Nie veel om te doen in Richardsbaai nie. Ons het vir ons kinders gaan kuier."
"Ek sal nie aanbeveel dat mens in die aand buite die dorp gaan ry nie weens ander mense wat baie gevaarlik ry."
Hibberdene, Ontsnap Uit Durban
Hibberdene, Baracuda Boulevard 670"Dit is 'n baie rustige plek, met vriendelike mense. Die vis by Fifi's Fresh Fish is uit die boonste rakke."
"Ballito is rustiger as Umhlanga en die strande is mooi en skoon. Daar is wonderlike eetplekke en die plek het 'n vriendelike atmosfeer."
"A true gem in centre of the Isimalangiso arena. One holiday is not enough to see everything. The effect of Covid-19 is obvious, but all St. Lucia needs is a kickstart of tourism to see it flourish again. St. Lucia is ready."