Geverifieerde Resensie
Escape From Durban
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Durban bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 9016 resensies.
Port Edward, Ontsnap Uit Durban
Leisure Legacy"Sal meer plaaswinkels wou sien, en ’n stopkerdjiewinkel, asook meer kwekerye."
"Umdloti herinner ons aan daai klein, verlate eilandjies waarheen mense dikwels in flieks wegbreek vir 'n vakansie of gaan wegkruip om die stadslewe en stressors te ontglip. Dis beslis ons 2 se gunsteling-vakansiedorpie waar al wat mens nodig het 'n glasie wyn en 'n goeie boek is om op die stoep of langs die strand te sit en geniet. Ons het hierdie keer vir die eerste keer die pragtige inheemse bos waar mens kan gaan stap ontdek - reg langs Spindrift-gastehuis waar ons gebly het. Beslis 'n groot gunsteling wat ons in die toekoms weer en weer sal teruglok hierheen."
Hibberdene, Ontsnap Uit Durban
Cowrie Cove 3"Ons was teleurgestel met die dorp in die algemeen, die infrastruktuur en netheid van hoofstrand laat veel te wense oor. Rommel word duidelik nie opgetel of verwyder nie. Ons het meer as een asblik omgekeer gevind. Daar is verskeie rondloperkatte te sien. Ons het ook 'n paar keer onveilig gevoel en liewer die strand verlaat. Dit wil voorkom of die munisipale strand as oornagplek deur rondlopers gebruik word, en ons is aangeraai om nie na donker op die strand te gaan nie. Die verval is ook dan seker maar tekenend van toestande elders in land, maar mens sou verwag dat die owerhede in die gebied 'n bietjie ekstra sal doen om die kwynende toerisme te red."
Pennington, Ontsnap Uit Durban
Bloukuifloerie"I'll definitely visit again. Nice quiet place for a getaway."
Southbroom, Ontsnap Uit Durban
Roux Holiday Home"Natuurskoon is pragtig, vriendelike mense, rustig, natuurbewaring is op hul prioriteitslys, voël- en wildleweparadys. Strand is skoon, oop en die see is pragtig. Soms speel dolfyne en walvisse in die water, apies kom groet jou by die huis. Daar is wel 'n klein, lokale kruidenierswinkel, maar vir die shopaholic is MacBananas in Port Edward of Shelley Beach winkelsentrum 'n beter opsie. Kan Trafalgar in Southbroom omgewing definitief aanbeveel en sal beslis weer daar gaan kuier."
"Raserig. Plek (dorp) is vervalle en dit gee nie goeie indruk nie. Was beïndruk met hoe skoon dit is."
Port Edward, Ontsnap Uit Durban
Villa Doré"Lots to do, Mac Banana, Boat ride at Wild Coast amongst many."
"Baie lekker dit is net ver pad na die strand toe, andersins is dit baie lekker."
"Just a bit of an eye opener - two years ago this time it was quiet, now it seems to be quite busy."