Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
"Greyton is 'n besondere plek met soveel geskiedenis. Soveel om te doen en sien maak dit ideaal vir 'n naweekwegbreek."
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Ocean Song Self Catering"Uitstekende plek vir enigiemand wat rustigheid wil ervaar."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloha 3"Baie lekker plek met 'n groot karakter. Goeie eetplekke en baie om te sien. "
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Galliene's Close"Mense se smaak en behoeftes verskil verseker, maar vir my is Langebaan die ideale bestemming hetsy vir 'n naweek-wegbreek of 'n lieflike somervakansie. Daar is so baie wat mens kan doen in en rondom Langebaan."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Mooi plattelandse dorpie, vriendelike mense, lekker eetplekke, baie om te ervaar."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Haven of Peace & Garden Cottage"Hermanus is beautiful but not in season when traffic is very congested. "
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Centre-Ville Guest House"Altyd 'n goeie bestemming vir die wyn- en kosliefhebber!"
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
De Hoop Cottages"Puik omgewing om wynplase te besoek en wyn te proe. Inwoners baie vriendelik en behulpsaam. "
Elandsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Ons Huisie"Baie rustige plek met min mense. Strande is ongerep en jy 'n surfer is, en die branders loop, is die "left break" skynbaar iets om oor huis toe te skryf. As jy een is vir "shopping" en winkels, hou maar verby. Dit is egter wat die plek so goed maak vir afskakel en net rustig wees. Moet egter nie die hotel se hamburgers misloop nie; moer lekker -en die Witmosselpot restaurant en coffee shop is baie gesellig."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Captain's Cabin"Langebaan is 'n baie rustige en 'n mooi area. Ek sal mense definitief aanraai om daar te gaan ontspan vir 'n naweek of 2."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Old Thatch Lodge"Swellendam is 'n pragtige dorp met die asemrowende berge aan die noorde kant. Sal dit as 'n bestemming vir 'n paar dae se kuier aanbeveel."
"Dit is 'n baie rustige bestemming. Daar is baie plekke binne ry-afstand om te besoek."
Bredasdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
De Volkshuijs"Beslis die moeite werd, baie mooi dorpie in die Overberg. Was verras. "
"Daar is 'n redelike verskeidenheid van winkels beskikbaar in Seaside Village kompleks om die meeste van jou behoeftes te bevredig. Net jammer Checkers was besig met opknapping met die gevolg dat die winkel redelik deurmekaar was.Ons net nie regtig die geleentheid gebruik om meer van die Big Bay omgewing te leer ken nie, tyd was te beperk."
"Verken die (klein mooi dorpie) te voet, eet lekker uit, besoek beslis Genadendal se museum, en gaan stap in die natuurreservaat. Vir wynliefhebbers: julle moet wynproe by Andy Mitchell wines reël! Gluten-vrye opsies kon ons in die dorpie opspoor."
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Little Rock Guest House"Die beste! Enig in sy soort! Uniek! Kos vir my siel!"
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Cedar Escape"Citrusdal het bo verwagting voldoen aan al ons benodighede. Verskeidenheid aktiwiteite in Citrusdal omgewing is 'n definitiewe pluspunt."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Birds View"Baie skoon en netjiese dorp. Sal volgende keer in die somer gaan kuier!"
"Tulbagh het pragtige weggesteekte plekkies. Ons het veral ons middagete by Paddagang Restaurant baie geniet! "
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
La Montagne Lodge"Ek het as kind koshuis bygewoon op Riebeek-Wes en dit was verskriklik lekker om weer vir die eerste keer na 31j jaar terug te kom hiernatoe. "
"Baie mooi dorp, kan prag foto's neem, goeie wyn, nie te veel om te doen nie, dus goeie plek om te rus. "
Swartland, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Uilhuisie"Weet nie veel van die geweste nie, maar ons gaan verseker terugkeer om die gebied verder te verken! "
Bonnievale, Ontsnap Uit Kaapstad
BakenOord"Ou gevestigde plaasgemeenskap. Rustig, pragtig, met al die nodige winkels. Perfek."