Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
La Montagne Lodge"Pragtige dorpie met daardie tipiese plattelandse gevoel. Soveel interessante dinge om te sien en te doen. Beans about Coffee en Mama Cuccina restaurant is uitstekende eetplekke."
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Maison Chablis Guest House"Beautiful and picturesque, with excellent wine farms and restaurants. Getting a bit pricey for locals though. Maybe more winter specials for locals? Love it in winter not so many tourists. Why not invest in a small vintage classic cinema for entertainment though, or offer more musical experiences. Hugenot Chocolates needs urgent help in chocolate packaging and retail presentation. I love supporting them but they lack flair."
Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad
Aan d' Oewer Bed & Breakfast"Lekker eetplekke sluit die Country Lodge en Grape Vine in."
"Montagu is 'n pragtige dorp om in vakansie te hou en daar is baie te sien en doen in die dorp en omgewing. Ons sal beslis terugkom."
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Leben Seehuisie"As jy rus en vrede soek is dit die plek vir jou."
Vredenburg, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Hoof Slaapkamer"Baie hartseer dat die uiteetplekke so beperk is. Nee wat, daaraan glo ek kan ietsie gedoen word."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Olive Garden Country Lodge"Die jaarlikse Wacky Wine weekend is 'n moet vir wynliefhebbers."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Van Zylsrust Country House"Eerste keer in McGregor sal graag meer tyd daar wil spandeer om dit te verken."
"Greyton is nog sovêr die mooiste van die klein dorpies wat ek beleef het met die grootste keuse van restaurante & dinge om te doen & sien. Sal dit enige tyd weer besoek. "
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Amazing Modern Beach House"Baie dankie aan die eienaar wat baie gasvry en georganiseerd is."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Astrandt 1"Paternoster is lieflik! Ek sal enige tyd dit weer besoek. Definitief die perfekte dorpie vir 'n wegbreeknaweek. Dis net jammer dat mens so versigtig moet wees vir diefstal."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Jacobsklip Loft"Ek geniet Paternoster. Was net hartseer dat die lighuis toe was oor die naweek wat ons daar was."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Harvest Moon"Lovely little town and peaceful out of season. Lovely beach walks and restaurants. Probably much more variety in season but the solitude of having few visitors there suits as just fine."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Lilla's Landing"Die kreefverkopers is 'n probleem! Wil nie "nee" as antwoord aanvaar nie en raak vieslik en aggressief as hulle nie hul sin kry nie. Kry 'n winkel of sentrale afsetpunt as kreef dan wel verkoop mag word!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Nieuview Cottage 2"Altyd lekker om in Paternoster te kuier. Heerlik geëet by die verskillende restaurante."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
@ Rina's"Ons was in Robertson vir die Wacky Wine 2017 en dit was werklik 'n absolute fees om by te woon. Fantasties georganiseer. Die dorp is netjies en skoon en bied baie vir 'n toeris aan."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Rotsvas"Een van die min werklike rustige kusdorpies. Pragtig en vriendelike mense. Die feit dat daar nie groot winkelsentrums is nie maak dit spesiaal. Ons het lekker gekuier en gerus. "
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
The Hideaway"Goeie eetplekke, heelwat besienswaardighede afhangend van die besoeker se belangstelling. "