Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10323 resensies.

Greater Addo, Oos-Kaap

River Front Estate

"Baie diere gesien wat besonder mak is, net die leeus het ons ontwyk vir 4 dae."

Gonubie, Oos-Kaap

Rosewood Self-Catering

"'n Somervakansie word aanbeveel, want net die strand is daar. Baie Oulike dorpie en n paar oulike winkels. Ons het dit wel geniet, lekker ontbyt langs die see by Heavenly pancake house."

Framesby, Oos-Kaap

Lin's Guest Apartment

"It was my first time at Framesby. I never knew even about it before. but its a nice place and very easy to find."

Hamburg, Oos-Kaap

The Nautilus

"Hamburg is a great place."

Jeffreysbaai, Oos-Kaap

Villa Vy

"Needs more attraction for out of season visitors."

Rhodes, Oos-Kaap

Rubicon Units

"Almal moet ten minste een maal Rhodes besoek!"

Bushmans River, Oos-Kaap

Rendezvous

"Bushmans River is 'n baie rustige plek om net te gaan ontspan, sal dit enige tyd aanbeveel."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Clapham North Guest House

"Dorp vol en ryk aan geskiedenis. Baie netjies met eie karakter."

Seaview, Oos-Kaap

Jessie's Place

"Nie te ver van hoofroete."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

54 Middle Street - De Kothuize

"'n Mooie dorp in die Camdeboo wat 'n mens moet ervaar."

Seaview, Oos-Kaap

The Waterhouse

"No swimming beach nearby."

Jeffreysbaai, Oos-Kaap

The View 39

"Pragtige seedorpie."

Nieu-Bethesda, Oos-Kaap

Meerkat

"Nieu-Bethesda is een van daardie plekke wat 'n mens terugneem na 'n era toe daar baie tyd was om te kuier, om rond te drentel en net om te wees. Dit is egter nie moontlik om Nieu-Bethesda met net een besoek 'in te neem nie', en daarom moet jy met jou vertrek reeds die volgende besoek beplan. "

Nxuba (Cradock), Oos-Kaap

The Old Butler House

"Cradock beskik oor die vermoë om waarskynlik een van dié toeristebestemmings in Suid-Afrika te wees. Daar is soveel geskiedenis in en om Cradock. Daar is die Bergkwagga Nasionale Park wat baie pragtig is en 'n klipgooi buite die dorp. Die NG Kerk op die dorp is moontlik een van die mooiste NG kerke in Suid-Afrika. Die geboue van Cradock Hoërskool is 'n moet om te sien. By die Olive Schreiner huis kry 'n mens nie net 'n beter begrip van haar en haar familie se lewe nie, maar ook van die mense van Cradock gedurende daardie tyd. Cradock het van die mooiste ou huise in een dorp wat met 'n bietjie aandag en restorasie elkeen waarskynlik in 'n besienswaardigheid omskep kan word. Die monument van die Cradock 4 is 'n moet om te besigtig. Probeer om saam met 'n gids te gaan wat ondermeer agtergrond kan gee waarom die monument juis op die spesifieke plek opgerig is. Wat ook belangrik is, is om met mense van Cradock te gesels oor al die geskiedenis van die dorp en die omgewing. Cradock is soos 'n goudmyn wat wag om ontgin te word. Die een groot faktor wat Cradock moontlik daarvan weerhou om 'n gewilde toeristebestemming te word, is die nalagtigheid van die munisipaliteit om instandhoudingswerk aan paaie en die algemene infrastruktuur van die dorp te doen. Mag dit in die toekoms verander. "

Hogsback, Oos-Kaap

The Edge Mountain Retreat

"Geen opmerking of kommentaar sal reg kan laat geskied aan Hogsback nie. 'n Mens moet dit eenvoudig self beleef. Die feit dat Hogsback redelik hoog bo seespieël lê, gee vir 'n mens die gevoel dat jy in 'n ander wêreld is, ver verwyder van enige iets wat bekend is. Die waarde daarvan om Hogsback te besoek, lê nie net in die besoek van alles wat Hogsback bied nie, maar ook om met die inwoners te praat en hulle stories oor Hogsback te hoor. Die enigste negatiewe kommentaar oor Hogsback, is die toestand van die paaie. Dit sluit die enigste teerpad in Hogsback in, asook die grondpaaie na al die verskillende besienswaardighede en gastehuise. "

Hogsback, Oos-Kaap

Hogsback Inn

"Baie om te sien. Die paaie is nie van die beste, maar die natuurskoon is asemrowend."

Mount Croix, Oos-Kaap

Kirknewton

"Gerieflik en sentraal na al die plekke van Port Elizabeth."

Bluewater Bay, Oos-Kaap

The Bay Inn

"Baie lekker area en winkels naby."

Middelburg, Oos-Kaap

Halfway Rest

"Baie skoon dorp!"

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

4 Louis Trichardt Avenue

"Besoek gerus die Camdeboo Nasionale Park en die Vallei van Verlatenheid, dit is pragtig!"

Somerset-Oos (KwaNojoli), Oos-Kaap

Avondrust Guesthouse

"Die restaurant agter Avondrust is puik, bespreek net vroegtydig."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Profcon Resort

"Camdeboo voortreflik. Argitektuur pragtig. Voel veilig."

Astonbaai, Oos-Kaap

The Astons No. 3

"Baie mooi en skoon."

Kaap St. Francis, Oos-Kaap

Seals

"Die mooiste strande om te stap en die vars seelug te geniet."

Gonubie, Oos-Kaap

Accommodation @ 24 First Street

"Lieflike kusdorpie amper soos 'n 'village' op sy eie. Love Gonubie. Alles wat jy nodig bv. winkels, banke, slaghuis etc. is in Gonubie."

Blad
Blad 195 - Wys 5821 tot 5850
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang