Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 10323 reviews.
"Interessante dorpie met baie vriendelike mense. Mooiste pophuisies en 'n baie oulike restaurant."
"Die eetplekke, take aways, kafees en restaurante buite Addo self kan hulself 'n bietjie reg ruk! Hulle doen ons, as toeriste, nie 'n guns om ons te bedien en 'n ewigheid te neem met die bestelling nie, na 3/4 uur uitgeloop by een, by die ander een het hul sjef 'n blaps gemaak, verskoning kom vra."
"Simple, quaint, food at the local restaurant, Roes Kitchen, was outstanding. Kenton-on-Sea just down the road was helpful when it came to needing a few things. The beaches were magnificent! We were truly blessed with the weather! "
"Dit was goed om Middelburg om te ry, ons kon so die ergste verkeer omseil."
"I love the area, it's close to every thing including the beach. Very quiet and peaceful neighbourhood."
Gxarha (Morgan's Bay), Eastern Cape
Yellowwood Forest Camping and Accommodation"Ongelooflike mooi dorpie, nog een van die plekke wat nie vernietig is nie."
Marina Martinique, Eastern Cape
Trinidad Villa 3"Baie netjies. Groen areas is skoon en netjies en die hele kompleks is baie goed onderhou en netjies. Daar woon ook baie permanente inwoners. Baie rustige omgewing. "
"Ons was teleurgesteld toe ons nie kon plek kry vir 'n goeie oujaarsete by voorgestelde restaurante nie. Ons het wel die ete by die Spur geniet alhoewel hulle teen 21:00 toegemaak het. Ons het nie te min ons tydjie daar geniet. Ons was by die Vallei van Verlatenheid en dis baie mooi daar. Instandhouding is fantasties. Hou so aan."
"Histories is Graaff-Reinet een van die topbestemmings om te besoek. Ons het nie net oorgeslaap nie, maar 'n nag ekstra gebly sodat ons 'n paar museums ook kon besoek, wat definitief die moeite werd was."
"Gaan niks op die dorp aan nie. Naby Jeffrey's en St Francis as jy nie akkommodasie daar kan kry nie."
"Hogsback is een van daai plekke wat mens eintlik nie 'n resensie oor wil skryf nie - want mens wil sy bekoring vir jouself hou en ook nie laat te veel mense van hierdie juweel in ons land weet nie. 'n Berg-woud bestemming wat amper ander-wêrelds is, voorwaar uniek. Vir die natuurliefhebber is Hogsback 'n moet! Vir die met 'n kunstige inslag, ook 'n moet. Ek kom beslis weer terug, miskien volgende keer in die winter. Die groot inheemse woude met kranse is asemrowend!"
"Graaff-Reinet het iets te bied vir elke persoon. Bo en behalwe die netheid van die dorp wat ek opgeval het, is die wyse waarop inwoners poog om ou geboue in stand te hou en so die geskiedenis en karakter van die dorp te koester en te bewaar. Die Moederkerk aan die bo-punt van die hoofstraat is asemrowend, maar mens mis iets van die karakter indien jy nie stilhou en die kerk van binne gaan besigtig nie. Dan is daar die Vallei van Verlatenheid - 'n moet sien vir elke natuur liefhebber. Ten minste een volle dag is nodig om Graaff-Reinet behoorlik te verken. "
"Die "Valley of Desolation" is net 'n kort ent uit die dorp en heeltemal die moeite werd vir 'n sonsondergang uitstappie."
"We were disappointed by the amount of litter, broken glass and just general disrespect for the beaches, especially 2nd beach, that said you can still find beaches that have not been abused, they just require a drive to get to them."
"We just Love the Place. My kleinkinders 12 en 8 jaar oud het hul gate uit geniet met my eggenote en myself."
"This is one of the must-see towns in the Karoo. We were surprised by the quality of the food served at the Waenhuis restaurant."