Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10323 resensies.
"Stil, netjiese woonbuurt naby goeie restaurante en vermaak. Maklik bereikbaar van hoofroetes af."
"Wavecrest is central to the beach and reasonably close to shops, petrol station and restaurant."
"Die omgewing en die kanaal is baie mooi. Permanente inwoners het ons selfs op 'n bootrit geneem op die kanaal en ons kon die mooi huise van 'n ander oog punt kon besigtig."
"Stil en rustige omgewing. Winkels en see is als lekker naby. De Gamma is waar als gebeur. "
"Dit is 'n pragtige ou dorpie en word so mooi gerestoureer. Daar is ook 'n lieflike Vet plant Kwekery en goeie restaurante."
"Was so tien jaar gelede daar toe was dit rustig en baie aangenaam. Nou het dit uit die nate gebars en is 'n babelse verwarring, veral in die besigheidsarea. Sal maar liewer nie weer daar besoek nie."
"Pragtige klein kusdorpie met skoon, wit strande en heerlike eetplekke. Het Port St Francis ook besoek, interessante hawe-gebied met winkeltjies en kuierplekke."
"Sou graag in ander seisoene ook daar wou kuier, al die bedrywighede rondom die plaaslike boerdery beleef."
"Baie besige dorp wat nie baie skoon gehou word nie, nabygeleë plekke kan besoek word."
"Oneindige moontlikhede! Sal graag langer wil vertoef en ook weer die Baviaanskloof wil aandurf."
"Vir ons was Humansdorp net 'n oornagplek, maar daar is moontlikhede om te ondersoek met 'n langer verblyf."
"Kabeljous is veiligheid en reg by die see. Ideaal vir gesinne met kinders wat hou van die see en sand. Winkels en groot inkopiesentrum nie ver nie."
"Vrij saaie plek maar als je er tijd voor neemt blijkt de geschiedenis heel roerig te zijn dat zie je ook op de begraafplaats."
"Grahamstad het pragtig historiese geboue en museums om te besoek."
"Definitief 'n moet vir enige reisiger. Fantastiese nimmereindigende, pragtige skoon strand. Kan vir ure aaneen stap sonder enige vreemde mense of wesens. Nie oorbevolk nie. Inteendeel, geen mense wat kuier op die strand nie. Hier en daar iemand wat stap met vriend of dier. Verlief op die plek."
"Port Alfred is 'n gesins-vakansiedorp en as 'n jong gesin was ons baie beïndruk met die dorpie."
"Seafield is 'n fantatiese bestemming. Groot, oop strande, skoon en nie baie ander mense nie. Strande lyk dierevriendelik. Almal bring hulle honde daarheen. Was 'n plesier om te sien hoe almal dit geniet. "