Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10323 resensies.
"Pragtige omgewing om vakansie te hou. Goeie inkopiesentrums om jou honger te stil. Mooi strande om te geniet."
"Soveel om te sien, te besoek en te doen in omgewing. 'n Naweek is te kort om alle natuur, uitstappe en sportgeleenthede te beleef. Lokale mense deel graag inligting oor wat en waar."
Somerset-Oos (KwaNojoli), Oos-Kaap
Hockley Cottages"As gevolg van stakings was die strate verskriklik vuil gewees."
"Nieu-Bethesda is 'n belewenis en die eenvoud en onopgesmuktheid van hierdie dorpie en die warmte van die mense sal my altyd bybly. Hier leer mens weer dat die gejaagdheid van die lewe en die glitz en glamour van die stad nie mens se siel kan raak soos die stilte en vrede van Nieu-Bethesda nie. Ek hoop nie dat hulle ooit die dorpie wil ontwikkel nie, want dis perfek in sy grondstraatjies soos dit is. "
"Beautiful accommodation, lovely people, wonderful breakfast, stunning setting, would love to come back for a longer stay."
"Additional waste paper containers in the bathroom and bedroom. Additional surface in bathroom for toiletries."
"Min plekke gee die geleentheid soos hier om lekker langs die see te loop en draf."
"Die probleem met water voorsiening was 'n groot ongerief en hulle sal moet verseker dat alles reg is voor Kersfees toeloop. "
"Al wat ek nie van gehou het nie, is dat die winkels so laat oopmaak en vroeg toemaak. "
"Nieu-Bethesda is die een plek waar jy as besoeker kan asemskep en jou siel voed. Stilte, oop spasies, vars lug, kuns, boeke en die beste in kos. "
"Jeffreys het pragtige groot strande, lekker golwe en daar is regtig baie om te doen. Regtig 'n lekker dorpie."