Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10323 resensies.
"We only stayed one night but loved it and the drive through was spectacular. Want to go back and explore the area some more."
"Ons het met ons fietse saam met Dawid de Wet van Toerboer in die Camdeboo Nasionale Park gery en soveel diere gesien. Ons het ook die steil pas na die Vallei van Verlatenheid opgery - ons het gelukkig e-fietse gehad maar Dawid nie. Ons sal vir seker weer saam met Dawid 'n uitstappie doen."
"Cradock as dorp, is nog netjies en skoon. Die strate is ongelukkig vol "potholes", maar dis maar so! Slaap gerus hier oor."
"Paaie oor die algemeen in 'n baie swak toestand - nie slaggate nie, maar baie gelap. Middagete by Ramblin Rose word aanbeveel."
Makhanda (Grahamstad), Oos-Kaap
A Stone's Throw Accommodation"Beautiful old buildings and we can imagine it is fun and happening when the students are back in the town."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
The Lookout"Vriendelikste stad of winderigste stad, hang af wie vra! My antwoord - vriendelikste stad!"
"Dis 'n wonderlike plek om weg te breek, net baie reën gehad, maar oor die algemeen was dit baie lekker. "
Makhanda (Grahamstad), Oos-Kaap
Belvedere Cottage"Pragtige dorp met die mooiste kerke en historiese geboue. Enigste opmerking waaraan gewerk kan word is die paaie, die slaggate is vreeslik!"
"Drove to the beach and many people were drinking there. The use of alcohol needs to be controlled in public places as many do not know how to behave. What a pity!"
"Infrastruktuur gaan agteruit, en word nie gereeld onderhou deur die owerhede nie. Strandgeriewe en sommige parkeerplekke en sypaadjies is nie redelik op standaard nie. Ons kon geen skoonmakers of patrolliediens waarneem nie."
"Baie mooi plek. Sal graag volgende keer langer wil bly en plek bietjie beter leer ken."
"Ons was al voorheen daar en daar kan regtig meer moeite gedoen word aan inligting van die dorp soos waar om te eet, wat om te doen, rigtingwysers en dink daar kan vir die kunstenaars wat buite die uile-huis hul items adverteer beter stalle opgesit word soos beplan was. Ons wou ook van die items koop en daar was nie kontant beskikbaar by die uilehuis om die transaksies te doen nie, gelukkig kon ons by die supermark geld vra. Ons love die dorp en sal weer en weer teruggaan!"
"Die dorp het 'n historiese verlede, maar dit is 'n tipiese voorbeeld van die tyd waarin ons tans lewe."
"Jy kan sommer dadelik die Blouvĺag status sien. Baie skoon en goeie voorbeeld vir res van Suid-Afrika - mooi so Jeffreysbaai."
"Graaff-Reinet het my hart gesteel. Netjiese en goed instandgehoude geboue en ryk geskiedenis. Mense is vriendelik en praat ons taal."
"Die dorp is skoon en netjies. Waar ons winkels en restaurante was, was die personeel vriendelik en gasvry. Ons het sommer tuis gevoel. Wel gedaan Graaff-Reinet."