Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10323 resensies.
"Dit is 'n stil plekkie met baie huise. 'n Mens moet na Jeffreysbaai reis indien jy enigiets sou wou koop, maar dit is net 8 km van Kabeljous af en die uitsig op pad is ongelooflik mooi. Die mense wat ons gesien en ontmoet het was baie vriendelik en aangenaam. Dit lyk na 'n baie veilige plek en is beslis een van die plekke wat 'n mens in gedagte moet hou vir 'n rustige wegbreek. Die strand en strandmeer is pragtig."
"Dis een van die mooiste en lekkerste dorpe in die Oos-Kaap om 'n naweek deur te bring."
"Awesome village with beautiful walks along the coastline, both east and west. Good, old-fashioned values where a family can get back to the basics of living and enjoying good family time together."
"Having stayed in the area previously, the tranquility is awesome and the sounds of the ocean can be heard."
"A quaint village that is lost in time. Inhabited by the most friendly people. The Owl House is a wonder to behold and even more amazing on learning about Helen Martins and her life. The tranquillity of the town would make a good relaxing weekend."
"Net 'n jammerte baie museums, veral die Graaff-Reinet-huis, is in aanbou. Maar dankie dat julle die besienswaardighede vir ons nageslag bewaar."
"'n Moet... Dit is vir enigiemand met 'n voertuig wat die grondpad kan aandurf! Nie noodwendig 4x4 nie. "
"Die dorpie kort beslis meer kaartfasiliteite of ten minste 'n ATM. Dis nogal 'n skok vir die sisteem om nêrens geld te kon trek of 'n kaart te gebruik nie. Daar was net by die Uil-huis 'n kaartmasjien. Gelukkig is die mense in die dorp gaaf genoeg om kontant te gee wanneer jy 'n EFT doen."
"Joubertina is baie klein en daar is nie veel om te doen nie. Die kitsbanke is buite werking en strate is in 'n baie swak toestand."
"Ons het seker maar net 'n swak dag beleef, want het na ure se rondry net een olifant gesien."
"Graaff-Reinet sal veral oorsese besoekers trek, want dit is ryk aan groot geskiedenis, baie geskiedkundige geboue en is besonders ouwêrelds. Vir ons is dit een van die oulikste dorpies in die Karoo!"