Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10323 resensies.
"Histories baie ryk en 'n lekker klipgooi van die Bergkwaggapark af. Die moeite werd om oor te bly!"
"'n Lekker stil bestemming met goeie plaas-akkommodasie soos Hoedklip op die plaas Oudeklip."
"Verrassend mooi en besonder interessant. Die moeite werd om te gaan besoek."
"Slaap oor op 'n gasteplaas soos Fairbairn en sien al die pragtige natuur soos die Tsitsavalle."
"Dit is 'n baie mooi en skoon dorp en daar heers 'n baie lekker atmosfeer in die aand. Die mense is baie vriendelik. Volgende keer sal ons langer bly. "
"Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorpie. Die aandete by Vileira was 'n fees. Page House bly 'n wenner."
"Aberdeen is 'n klein dorpie wat 'n heel aangename plekkie is om te rus en om die lang pad Kaap toe 'n bietjie te onderbreek."
"Cradock was vir ons 'n aangename verrassing, omdat ons nie geweet het wat om te verwag nie. Daar is baie historiese plekke wat mens kan besoek en ons het een dag afgestaan om na die Bergkwaggapark te gaan. Besoek gerus die hotel wat die omliggende huisies uitgekoop het vir meer inligting oor Cradock."
"Dis in 'n pragtige omgewing geleë, met goeie teerpad toegang. As mens van die toeristebestemmings wil besoek in omgewing is 'n hoër voertuig aan te beveel, want die grondpaaie is redelik sleg, veral na die reën."