Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10323 resensies.

Gonubie, Oos-Kaap

Emoyeni B&B

"Die strandgeriewe is die beste in Oos-London."

Jeffreysbaai, Oos-Kaap

Watersideliving - Claptons 11

"Claptons is relatief skoon en stil. Ons was egter geskok oor die hoeveelheid rommel op die hoofstrand. Die omgewing van Jeffrey's is pragtig en dis naby aan baie ander mooi plekke."

Patensie, Oos-Kaap

Highview Guesthouse

"Was baie verbaas deur hierdie klein dorpie, dit is 'n paradys tussen die berge, alles groen en boorde op boorde! Rippel Hill Hotel se aandetes en atmosfeer 'n bonus!"

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Donkin 32

"'n Wonderlike, geskiedkundige dorp en 'n mens het genoeg tyd nodig om al die besienswaardighede te ontdek! Wat my egter opgeval het is dat die strate nie meer so skoon is soos vroeër jare nie!"

Nxuba (Cradock), Oos-Kaap

Divaldi's

"Excellent communication."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Beau & I

"Ons het laatmiddag deur Graaff-Reinet se strate gestap en was beïndruk met die netheid. Daar was nie 'n papiertjie, bottel of blikkie te sien in die strate of op sypaadjies in die paar blokke wat ons gestap het nie. Dit lyk of die geskiedenis en kulturele erfenis van die dorp mooi bewaar en in stand gehou word."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Profcon Resort

"Dorpie is bietjie vervalle, maar monumente word baie mooi onderhou."

Paradise Beach, Oos-Kaap

27 Lorstan Castle

"Paradise Beach is 'n lieflike strand. Sou graag ook lewensredders aan diens wou sien sodat daar met gerustheid geswem kan word. Jammer dat die paaie in so 'n swak toestand is. Die feit dat die brug oor die strandmeer gesluit is, maak dit minder toeganklik, aangesien daar nou 'n 10 km draai gery moet word om in Jeffreysbaai te kom."

Nahoon, Oos-Kaap

Sandcastle B&B

"Dit is so 'n pragtige area en ek voel dat die polisie in die area beter beheer moet hou oor die geraas in die karavaanpark na 10 snags."

Cannonville, Oos-Kaap

The Nightjar

"Baie naby aan Addo."

Marina Martinique, Oos-Kaap

Abundance

"Dit is 'n pragtige vakansiebestemming. Dit is nie die oord se skuld nie, maar die wind wat 6 DAE AANMEKAAR gewaai het, maak jou mismoedig!"

Nieu-Bethesda, Oos-Kaap

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Pragtige dorpie, daar is baie om te doen en 1 dag is heeltemal te min om alles te doen wat Nieu-Bethesda bied."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Andries Stockenström Guesthouse

"Die Drostdy Hotel is pragtig oorgedoen ... 'n drankie of koffie by hulle nuwe kroeg is aan te bevele."

Paradise Beach, Oos-Kaap

Sola Fide Residence

"Beautiful and peaceful. Lovely to just relax and enjoy a quiet beach. Lovely for children to just play and be kids."

Somerstrand, Oos-Kaap

Millard Crescent Guest House

"Good suburb just few minutes from the bustling area of Humewood which has beaches, shopping malls, etc. "

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Buffelshoek Guest Farm

"Pragtige, historiese dorp."

Oesterbaai, Oos-Kaap

Oyster Bay Inn

"Oyster Bay B&B is seker een van die beste B&B wat ek en my gesin nog in gebly het!"

Nieu-Bethesda, Oos-Kaap

Zonnenstrahl Caravan Park

"Nie-Bethesda is a must! I thought three days would be enough to see everything but sadly I needed even more days to finish exploring. Next time I will come in the cooler months as there are many walks on my list that are too hot to do in summer."

Port Alfred, Oos-Kaap

The Lookout

"Lots of history in this region. Well worth visiting!"

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Watervalfarmstay

"Tyd was te kort om al die besienswaardighede te besoek. Sal moet terugkom."

Jeffreysbaai, Oos-Kaap

Claptons 07

"Goeie mense. Lekke by die see."

Makhanda (Grahamstad), Oos-Kaap

Bartholomew's Loft

"'n Belewenis om die historiese dorp te ontdek! Baie goeie restaurante."

Kidd's Beach, Oos-Kaap

Milkwood On Main

"'n Baie aangename, mooi plek om in vakansie te hou en ideaal geleë: naby die stad, maar as mens daar is voel dit glad nie so nie."

Kenton-on-Sea, Oos-Kaap

Nautilus Self-Catering

"Dis regtig anders as ander plekke. Dis rustig en so pragtig. Daar is nie 'n toeloop van mense nie, want daar is plek vir almal, dis beslis die beste vakansiebestemming wat ons nog ooit beleef het."

Astonbaai, Oos-Kaap

20 Houtbosch Bay

"Dis lekker naby alles wat nodig is in Jeffreysbaai, maar ver genoeg vir jou eie stilte en vrede."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

The Cottage

"Dit sal my altyd bekoor om hierheen te kom aangesien ek hier gebore is. My wortels is hier daarom maak ek van tyd tot tyd 'n draai!"

Paradise Beach, Oos-Kaap

Sola Fide Residence

"Paradise Beach is 'n perfekte strand vir almal. Ons tieners het die ruimte op die strand geniet, die feit dat daar lewensredders op so stil strand was, is 'n bonus. Niemand trap mekaar dood nie en selfs Kersdag en Nuwejaarsdag kon ons gemaklik op die strand kom. Ek is verlief op hierdie strand en sal enige dag teruggaan."

Port Alfred, Oos-Kaap

Sheilan House

"Pragtige plek om vakansie te gaan hou. Ons is spyt ons het net vir een nag oorgebly!"

Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap

Pine Tree Lodge

"In Port Elizabeth, it's easy to find your way around because of good road signage."

Blad
Blad 339 - Wys 10141 tot 10170

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang