Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4812 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mooigezicht"Baie lekker met vriendelike inwoners. Uiters geskik vir toeriste wat die natuur wil verken en die omgewing sal waardeer."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Die midde-dorp is nie wat wonders nie, maar Rooikat Cottage wel. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Fantastiese dorp. Golden Gate park is 'n groot besienswaardigheid."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lola's Luxury Self-Catering Accommodation"Baie aangenaam. Stel voor hulle moet pad om middel blok 'n one way maak. Voertuie kan nie albei rigtings ry nie, te min spasie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Le Roux Cottage"Clarens is nie meer die ou Kunstenaars dorpie van 10 jaar terug. Te veel Afrika winkels wat die mooi wegvat."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Kiara Lodge"Ons love Clarens, absoluut 'n pragtige dorpie en sal baie langer daar wil kuier as net 'n naweek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"'n Mens voel veilig en ontspanne in die mooie Clarens met sy talle inloerplekke en eetplekke te kies en te keur. Dan is Golden Gate ook net om die draai. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lola's Luxury Self-Catering Accommodation"Definitief 'n dorpie wat sommer vinnig in jou hart inkruip, met al sy klein winkeltjies en sy natuurskoon."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Paddocks 6"Baie lekker dorpie om te besoek, met baie om te doen. Dit is ongelukkig net die paaie daarheen wat hard is op die bande, en kan veroorsaak dat mens nie te gretig is om weer die reis aan te pak nie. Veral die pad vanaf Viljoenskroon tot Steynsrus is baie erg, en ook die stukkie waar jy afdraai na Ventersburg tot in Welkom. Maak nie saak watse pad jy ry nie, hulle bly maar gevaarlik en maak die reis na Clarens bietjie stresvol. Maar dit is die regering se probleem, en nie Clarens sin nie. Dit kan egter die toerisme daarheen affekteer indien dit nie reggestel word nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Bergwoning Accommodation"Clarens die dorpie is pragtig met dei talle klein winkeltjies en restaurante. 'n Bietjie duur."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mont d’Or Clarens"Dit was ons eerste keer en Clarens was awesome en sien ons definitief weer en weer."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Villa Vista Bonita 63"Clarens is 'n pragtige Vrystaatse dorpie met 'n heerlike atmosfeer, oulike winkeltjies, lekker eetplekke en 'n mooi gholfbaan. Dis net 'n klipgooi weg van Lesotho sou 'n mens oorweeg om Lesotho ook te besoek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mystic Mountain Cottage"Uitstekende dorpie met meer as genoeg om oud en jonk te vermaak."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Periwinkle Grove Cottages"Lieflike dorpie met winkels en restaurante alles lekker naby aan mekaar geleë. Fantastiese koffie by Highland Coffee Roastery, unieke boetiekbier en smul lekker middagete by Clarens Brewery. Ons het 'n watertand vullende aandete by The Highlander restaurant geniet. Ons het gevind dat die resensie oor The Highlander restaurant nie reg doen aand die lekker atmosfeer en heerlike kos nie. Daar was 'n kaggel binne en die diens was flink en professioneel (dankie Veronica). Eisbein en Oxtail was wenners in die koue winter weer! "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Ash River Lodge B&B"Lovely village with very interesting little shops and plenty of art galleries!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Geniet Clarens met elke besoek, maar moet sê Rooikat Cottage het dit hierdie keer nog baie meer aangenaam gemaak."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Clarens is een van die mooiste dorpies en 'n moet vir enige iemand se wenslys, om ten minste een keer te besoek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Aquila in Clarens"First time visitor to Clarens. Very quaint, friendly, and charming little town."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Born Free Lodge 42 Clarens"'n Klein Spar sal werk veral vir diegene wat gebruik maak van selfsorg."