Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4812 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fairview Cottages"Clarens is good for a weekend visit or painting holiday, as the views are absolutely stunning. Not sure about a longer stay as it is a very small town and apart from outdoor sporting activities, does not offer much more. The shops are rather expensive and much of what is on offer is available in the City at much cheaper prices. I would be lovely to see art exhibitions on the square by local and other artists over weekends which they can sell to the public without a middle man. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Le Roux Cottage"Kan die Munisipaliteit asseblief die paaie teer."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Frost House"Beautiful town, even the township was interesting and seemed to be without high order crime."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Clarens is so mooi en uniek! Dis een van my gunsteling plekke. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Views"Ek het veral die Bibliophile baie geniet en natuurlik die restaurante bied uitstekende kos vir die honger toeris."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Copper Kettle"Fouriesburg is 'n pragtige Oos-Vrystaatse dorpie, wat deur berge omring word. Die ideale bestemming vir 'n kunstenaar-siel. Dis nie baie ver van Clarens af nie, net baie rustiger en stilte vir die siel!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Ons hou baie van die natuurskoon van Clarens. Die ongeteerde strate laat egter baie te wense en skaad beslis die goeie naam van Clarence."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Granaat"Clarens bied aan ieder en elk die geleentheid om sy passie uit te leef. Daar is 'n groot verskeidenheid aktiwiteite, restaurante, kunsgallerye en historiese besienswaardighede. Opmerklik is dat die dorp troeteldiervriendelik is. Verbasend is dat Clarens, ten spyte van baie toeriste, nog maklik beweegbaar is - mens voel veilig en gemaklik in Clarens. Net een versoek: laat die Supermark asseblief kaartfasiliteite kry! Ons loop nie meer met kontant rond nie!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Attic & Below"Wat 'n pragtige mooi kunstige dorpie om te besoek en af te skakel."
Rosendal, Oos-Vrystaatse Hooglande
Beesbos"Dit is 'n baie klein plattelandse dorpie, klein en nie baie besienswaardighede self in die dorp nie. Daar is wel die mees amazingste winkeltjies wat 'n mens nooit kon gedink het jy sou kry in so 'n klein dorpie nie, onder andere Benjamins - wow, so 'n oulike winkel met die mooiste goedjies te koop. Dit is die ideale plek as jy wil wegbreek van die besig stadslewe vir stilte en kalmte."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lake Clarens Guest House"Pragtige omgewing, wat iets vir almal bied."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rustica Accommodation"Fouriesburg is baie rustiger as Clarens en is baie sentraal geleë om Oos Vrystaat en Lesotho te verken. "
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Farm House @ Mont Plaisir Guest Farm"Baie mooi rustige dorpie ideaal vir wegbreek kans."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Cloud Shadow Cottages"Absoluut versot op Clarens, hou van die "buss" oor lang naweke, geniet al die restaurante - dink net die winkels sal beter doen as hul pryse effens goedkoper is - veral die plaaslike produkte! Gaan weer en weer kom kuier!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Kiara Lodge"Ek wou nog altyd die dorpie en sy omgewing besoek en sal beslis weer eendag soontoe wil gaan. As ek mag, sal ek graag wil voorstel dat hulle die Tugella Waterval meer bemark. Dit is die tweede hoogste waterval in die wêreld en toe ons daar aankom vind ons uit dat daar 'n drie uur stap (een rigting) is en dit was toe reeds te laat die middag om die tog aan te pak."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Le Roux Cottage"Clarens bly ons keuse vir 'n wegbreek. Net die grondpaaie is nie baie veilig vir gewone voertuie nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mont Rouge"Dorpie is baie duur. Op die beste langnaweek sal van die eetplekke se kombuis sluit om 6 pm wanneer almal wil uitgaan om te eet. Eienaar sal ook nie skroom om jou koud net weg te wys nie. 'n Spar of Pick 'n Pay sal 'n aanwins wees vir ons middelklas en die dorpenaars en gemeenskap."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Fouriesburg Country Inn"Sentraal geleë in 'n pragtige landskap en die hart van die dorp klop in die Fouriesburg Country Inn."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Woodlands Retreat"The food venues need to step up on the standard of food served. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Cottage 2"Definitely a place to visit! Especially on a motorbike trip! "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Maluti Mountain Lodge"Alles en ek meen alles gans te duur. Almal wil graag iets koop en as hulle die pryse sien laat waar hulle dit. Jy kan ook aan die mense se kommentaar hoor. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Zwartmodder"Clarens bly 'n fantastiese bestemming, enige tyd van die jaar!"
Panorama, Oos-Vrystaatse Hooglande
Kihara Guest House"Skoon, groen woonbuurt, naby shopping mall en Oos Vrystaat natuurskoon. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Talking Trees Self-Catering House"Altyd 'n bederf om na Clarens te gaan!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Woodlands Retreat"Baie ontspanend, goeie oefening ingekry met al die loop na die verskye winkels, restaurante goeie kos en bekostigbaar."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Eagles Guest House"We love the old style town and will definitely be regular visitors."