Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4812 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
RiverWalk Guest House"Oulike plek. Baie mooi natuurskoon. Nie die ideale plek om met klein kindertjies te gaan nie. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Ons sal beslis weer Clarens besoek! Soveel stap oetes, Golden Gate en die winkels bied 'n groot verskeidenheid aantreklikhede. Wonderlike eetplekkies! "
Rosendal, Oos-Vrystaatse Hooglande
Gaffie's"Baie aangename bestemming vir reisigers (eerder as toeriste). "
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Die Pophuisie"Dis 'n pragtige dorpie en dis definitief 'n goeie toeristebestemming!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Morgenzon"Clarens is 'n plek wat ons elke jaar besoek en is so gerieflik geleë vir 'n sentrale wegbreek."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Een van my gunsteling Oos-Vrystaat bestemmings - baie minder "touristy" as Clarens."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Kuns, kos, bier, koffie, aktiwiteite ... ons sal weer teruggaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Altyd lekker om daar te kom kuier. Begin uit sy nate bars."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Zwartmodder"Nice spot, but better when it's not a long weekend, otherwise you join the rest of Gauteng there :)"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Periwinkle Blue"Was al baie daar en sal weer gaan. Rustige omgewing."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Die Kruik"Netjiese en skoon dorp. Vriendelike en hulpvaardige winkelassistente. Pragtige natuurskoon."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Collett House"Clarens is 'n plekkie wat mens net moet beleef. Daar is soveel kunsgallerye en klein winkeltjies dat mens 2 tot 3 dae nodig het om alles te sien. Golden Gate naby Clarens is asemrowend mooi en 'n reis deur die Vrystaat met die rustigheid van sonneblomlande, mielielande, beeste wat rustig wei en windpompe maak die prentjiemooi plek 'n lafenis vir die siel. Net die regte medisyne vir enige iemand wat moeg word vir die lewe in die stad, en 'n bonus dat die net 3,5 ure van Johannesburg af is. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
278 on Main"Clarens is lovely and clean and such a safe town, and so much to do and see. Best restaurants with such great variety to choose from. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sweetie Pie Cottage"Baie nice dorp, gawe mense. Was baie lekker, en sal vir seker weer draai daar."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
235 @ Clarens"'n Ware juweel in die hartjie van die beeldskone Vrystaat!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Attic & Below"Die dorp is rustig en skoon, mense is baie gasvry."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Goedgeleë"Windmill restaurant is beslis 'n besoek werd, die kos en bediening is van uitstaande gehalte."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Paddocks 6"Clarens is 'n baie rustige dorpie, lekker om rond te loop, kuns is fantasties. Mense is vriendelik."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
By the Way Guesthouse"Pragtige klein dorpie met die mooiste goedjies om te koop! "