Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1685 resensies.
"Oudtshoorn bied baie meer as wat ons bewus was van en beplan 'n langer verblyf in die nabye toekoms. 'n Mens het baie meer tyd nodig om alles in die omgewing te sien en ervaar. "
"Lovely clean town, superb gift shops, must see the Kango caves and the ostrich farms."
"Skoonste dorp, selfs op 26 Desember was daar skoonmakers in die strate. Die dorp lyk vooruitstrewend. Daar is geen bouvallige en leegstaande besighede. Hoewel daar ernstige water tekort is, was al die publieke tuine pragtig versorg. Dienslewering duidelik nie 'n probleem in Oudthoorn."
"Tourists have many activities in Oudthoorn to enjoy and well worth a visit."
"Oudtshoorn is 'n baie skoon dorp met baie lekker plekkies om te besoek en aktiwiteite om aan deel te neem. Dit is ook nie te ver van strande en ander dorpe nie. Mense is baie vriendelik en behulpsaam."
"Altyd lekker om in Oudtshoorn vakansie te hou. Ontdek elke keer iets nuut."
"Hoewel daar baie te sien is, is dit nie iets wat mens elke jaar wil doen nie. Alle besienswaardighede kan in een vakansie besoek word, hoewel lekker en mooi, sal ek dit nie elke jaar wil doen nie en hitte is uitmergelend, hoewel see net 'n uur se ry is, maar dan ook baie besig met hul eie vakansiegangers. Oor die algemeen vir 'n eerste besoek, wel die moeite werd."
"As jy soek, beplan en moeite doen, is daar elke dag, vir 10 dae, iets anders om te doen. Ons het."
"Vir seker een van die juwele van die Karoo met sy besondere Restaurante en lekker Karoo lamsvleis."
"Eerste keer wat ek Oudtshoorn besoek en was baie lekker. Sal dit beslis aanbeveel."
"Ek was baie lanklaas op Oudtshoorn en het eintlik vergeet wat 'n fantastiese bestemming dit is. Daar is so baie om te doen! Ons kon beslis langer gebly het en dink reeds aan wanneer ons weer die kinders soontoe kan neem."
"Great laid back town. Very friendly locals and great attractions in the town."