Geverifieerde Resensie
Oudtshoorn
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Oudtshoorn bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1685 resensies.
"Ek sal enige een aanraai om Oudtshoorn te besoek. Daar is so baie om te sien en doen. Dis 'n pragtige plek! "
"Ons was by 'n volstruis aanbieding by Chandelier net buite Oudtshoorn. Nog 'n onverwagse juweel. Die bestuur is supervriendelik en die kinders het selfs 'n geleentheid gehad om 'n kameelperd te voer. Ons het besluit om nie een van die groot volstruisplase te besoek nie en hierdie was regtig die moeite werd. Hulle het selfs 'n buffeltoer wat ons nie die keer gedoen het nie, maar volgende keer as ons meer tyd het gaan ons dit beslis doen."
"Clean town with lots of tourist attractions. Rust and Vrede waterfall was beautiful and the Cango Caves a must see. Quaint restaurants. Loved the town and it's local people.Would highly recommend Oudtshoorn for a family adventure."
"Soveel om te doen en sien. Hoogtepunte was die grotte, Rust en Vrede waterval en Cango volstruisplaas. "
"Not that much too see but the R62 is a great road with magnificent views! "
"Al die attraksies en winkels maak 5 uur toe. Gelukkig bly die restourante langer oop."
"Oudshoorn is 'n baie lekker toeristebestemming. Die akkommodasie is net ongelooflik duur. Daar behoort pakkette te wees vir besoekers wat gereeld kom kuier bv. elke maand of so. Of die selfsorg-instansies kan spesiale aanbiedings bied aan gereelde besoekers wat hulle ondersteun."
"Munisipaliteit is besig met skoonmaakprojekte, daar is egter nog baie werk en vele strate met slaggate. Glo dit sal regkom met die reën wat nog moet kom. Drinkwater nie op standaard nie, koop eerder drinkwater vir veiligheid."
"Pragtige dorp met baie om te doen. As hulle net die pad tussen De Rust en Oudtshoorn kan klaarkry!"
"Eerste keer wat ek werklik daar rondbeweeg het. Baie lekker plek met vermaak in die omtrek."
"So baie om te sien jy het meer as net 2 dae nodig. Heerlike eetplekke en baie skoon dorp."
"Daar is 'n gedeelte van die bodorp wat ek nie toeriste aanbeveel nie, maar in die gedeelte van Aloe-Garden is dit veilig."
"Die dorp bied alles wat 'n vakansieganger nodig het. Genoeg om te doen in en om die dorp."
"Oudtshoorn is a charming bustling town packed with history, food, wine and culture. The surrounding areas are beautiful and unique. Well worth the visit."