Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 6810 reviews.
"Beautiful and historic. Easy access to both wine regions and the Klein Karoo. "
"Wat 'n pragtige dorpie om te verken! Lekkerste restaurante. Wil graag Old Mill uitsonder. Waterblommetjiebredie was heerlik! Ons moes net baie lank wag."
"Perlemoenbaai en De Kelders is lieflik. Min swemstrande daar maar Franskraal se heerlike familie swemstrand het opgemaak daarvoor! Pragtige uitsig en genoeg winkels, ook lekker drafpaadjie langs die see! Ons het heerlik gekuier!"
"Cape Town in general is becoming more and more popular as the preferred tourist destination because of the exchange rate it is real value for money. I personally think that L'Agulhas can expand to offer especially the Muslim tourist from countries like Saudi Arabia, Yemen and the Arab Emirate more Halaal eatery options as food is an important aspect of tourism. Our preferred getaway has always been Knysna and surrounds, but L'Agulhas is definitely a favourite for us now."
"Ek het 50 jaar gelede daar grootgeword. Skoon, rustige en veilige plattelandse dorp."
"Pragtige oord op Breëriviermonding geleë. Ideal vir boot-, hang-gliding en visvangvakansie."
"Ek is mal oor see en visvang. Lekker rustige dorpie maar daar is genoeg van alles sonder om ver te ry. Die mense is ook baie vriendelik."
"Baie lekker plek, Swellendam is 'n gereelde bestemming van ons en ons sal beslis weer terugkeer!"
"Die dorpie self was 'n belewenis en daar is heelwat te doen in die omgewing en dis net 23km vanaf Hermanus."
"Bredasdorp is 'n uiters veilige bestemming (ons motor het in die straat gestaan sonder dat iemand daar gepeuter het). Hou van die kerkklok wat nog in 'n werkende toestand is - lui elke 15 minute soos van ouds. Daar is nie veel te doen op die dorp self nie. Maar die ligging is ideaal - naby Napier, Waenhuiskrans/Aston, Struisbaai, Aghulas, Baardskeerdersbos en ander interessante plekke. "
"Sal beslis weer hiernatoe kom as ek 'n kans kry. Daar is nog so baie wat ek wil sien en doen!"
"Die diens by on the rock is die beste, voel altyd welkom. Sal altyd daar oorbly as ek in daardie omgewing is. "
"Moet nooit die dorp verander nie. Dit is een van die mooiste plekkies in ons land waar 'n mens ook van ons geskiedenis kan leer."