Verified Reviews
Overberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Overberg
Rated 4.6 out of 5 based on 10751 reviews.
"Kleinmond is OK, I would definitely go to the West Coast before returning to Kleinmond, but that is just my preference. "
"Die plek is verskriklik stil en daar is amper niks om te doen behalwe om vis te vang en 'n restaurant by te woon. "
"Mal oor Gansbaai. Die see, lekker seekos, rondsnuffel in al die antieke winkeltjies!"
"Overberg is 'n unieke en besonderse deel van SA. Sy mense is gasvry en vriendelik, plek plek pragtige strande en ryk aan geskiedenis. "
"Bredasdorp is 'n baie mooi dorpie met 'n baie interessante geskiedenis. Die Overberg Landbou Skou was baie stil en as uitstallers was dit 'n swaar week. Die mense van Bredasdorp is ongelooflik vriendelik."
"Daar is als wat mens nodig het. Veearts / SuperSpar / Apteek / Coffee shops / Restaurante (wat lekker visgeregte maak)."
"Hermanus is 'n lieflike stil dorp, sommige gebiede meer besig as ander. Ons hou nie van besige winkelsentrums nie, so ons het meer tyd in die dorp spandeer en om al die outydse winkels te sien, is 'n riem onder die hart. Die mense se goedhartigheid en oopheid in die dorp is opvallend."
"De Kelders is asemrowend mooi, veral vir diegene wat hou van die natuur en nie hulle vakansie in winkels en restaurante wil deurbring nie. Daar is baie om te doen en natuurlik is dit die beste plek in die wereld om walvisse te besigtig. Die keer as jy nou wel inkopiesentrums of restaurant wil besoek is Hermanus net 30 minute se ry."