Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2438 resensies.
"Dis jammer die plekke het baie vervalle geraak en baie winkels het toegmaak - die beperkte eetplekke is die moeite werd om te besoek."
"Mooiste staproetes na die waterval en die eskarp. Rustige dorpie met die mooiste perde! "
"Perfekte plek om te bly en vandaar af dagritte te onderneem. Besoek beslis die sywurmplaas. Min mense weet daarvan en dit was 'n heerlike ervaring. En natuurlik was Lone Creek Valley in Sabie die hoogtepunt."
"Graskop is een gesellige dorp met goeie pannenkoek en restaurante, lekker winkeltjes en dit is na aan die Panorama-roete. Dis wel jammer oor die slaggate en dat die paaie na verskeie besienswaardighede nie op standaard is nie."
"Moet meer bekostigbare restaurante/eetplekke vir die gewone mens kry. Op die oomblik is die 2/3 wat daar is meer vir toeriste en dus baie duurder. "
"Ons het net nie genoeg tyd gehad om al die plekke te besoek nie - mens het defnitief 'n paar dae nodig in die omgewing. Daar is 'n paar watervalle gerieflik naby die dorp en die Mac Mac Poele is 'n lekker ontspanings-, swem- en kuierplekkie. In Sabie self was daar oulike winkeltjies en ek sal defnitief die boekwinkel aanbeveel wat ook 'n lekker koffiewinkeltjie het. "
"As jy wil wegkom van die gejaag, gedruis en besoedeling van Gauteng, dan is Sabie die plek om te "unwind". Die stadsraad moet tog net aandag aan die slaggate in en om die pragtige dorp skenk ."
"Ek beveel enigiemand aan om hierdie dorpie te besoek. Dis 'n versteekte diamant in Mpumalanga. Uniek in elke opsig, van karakter, ligging asook die klimaat. 'n Moet op elke besoeker aan die Laeveld se lys."
"Sabie is a beautiful area with beautiful places to visit. I would like to recommend that the residents of Sabie try to recruit big stores like Woolies, Checkers Hyper, etc. "
"The town itself is very neat and has friendly people. Lots to see and do. Town needs to fix potholes in and around town. Definitely a town we will visit again."
"As jy met fietse gaan, vat maar 'n reënjas saam, want dit reën baie oor Desember. Gaan kuier ook gerus by die kroeg in die hoofstraat."