Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2438 resensies.
"Pragtige natuurskoon! Ons gunstelling vakansie plek. Ons yorkie ook welkom by gastehuis en eetplekke in Sabie. "
"Sou dit nie as 'n toeristebestemming beskou nie, maar gerieflik geleë as jy Nelspruit en omgewing wil besigtig."
"Ek't Kaapschehoop self eers ontdek so 5 jaar terug, en van daai dag af bly ek elke jaar terugkom as ek net 'n wegbreek kort van ons besige lewens in Gauteng. 'n Naweek in Kaapschehoop laat my meer rustig as 'n week by die see. Fantastiese dorpie."
"Ek sal glad nie omgee om daar te kan gaan aftree nie. Dit is 'n pragtige plek, baie sentraal aan al die pragtige plekke om te sien soos die Kruger Wildtuin, God's window, Potholes, Pilgrimsrest en daar is so baie ander dinge om te doen, jy kan nie verveeld raak daar nie."
"Lovely destination if you just want to relax as there's not much to do. The Bohemian Groove Café is a must for delicious food and friendly service, and it's pet friendly too!"
"Sabie is a quiet, peaceful town. If you are from noisy cities Sabie is the place to visit just to enjoy tranquillity. "
"Pragtige plek net jammer ons kon twee watervalle nie beskou nie, daar was nie water nie en ons kon ook nie God's window gaan sien nie want dit was vreeslik mistig, maar ons sal weer terug gaan om dit te sien."
"Sabie self is baie lekker, hoewel die paaie bietjie beter versorg kan word. En die Super Spar het niks nie. Die cafe op die hoek het een beter verskeidenheid."
"Kort net 'n slaghuis. Spar is die enigste plek waar jy kan vleis koop en sy pryse is baie duur."