Verified Reviews
Parys
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Parys
Rated 4.4 out of 5 based on 958 reviews.
"Parys, sounds small and boring, but it is so much more. A lot to do and places to see. Great break from the busy city life."
"Oulike winkeltjies, maar andersins nie veel om te doen vir kinders nie. Die kraanwater ruik ook sleg en kan nie net so gedrink word of selfs in die ketel gebruik word vir koffie nie. Dit was dieselfde terugvoer vanaf Spur op die dorp."
"Die dorpie self bied nie baie vir kinders nie, maar daar is wel aktiwiteite en ander plekke in die omliggende areas."
"Parys is a calm and quiet town with surprises. Pity they have closed access to the river park. Businesses should lobby for its reopening and public access."
"Parys bly altyd 'n unieke plekkie om te besoek. Het die Hartelus mark geniet."
"Kon nie in die dorp tyd bestee nie as gevolg van ons skedule. Maar daar waar ons was, was dit altyd lekker om te sien watse ywer die mense jou mee help."
"Swaar voertuie beweeg baie vinnig deur die dorp. Spoedhobbels en voetoorgange, veral by die draai by 'en Style' winkel sal 'n groot verskil maak."
"Parys se hoofstraat is amazing met sy klein winkeltjies. Hartlus mark is baie uniek elke 1ste Saterdag van nuwe maand. Dan op pad huis toe, stop by Pont del something vir wynproe. Baie lekker area."
"Extreme poverty in the township. The alien vegetation in the river needs to be cleared, and the plastic removed."
"Soos alle klein dorpies in ons land, laat die regering ook vir Parys in die steek. Maar die inwoners van die dorp wend 'n wonderlike poging aan om die dorp steeds aantreklik te hou vir toeriste. Welgedaan."
"Pragtig. Mooi winkeltjies. Sommiges maar duur, maar nietemin 'n skoon en netjiese dorpie met iets vir almal."
"Definitief die moeite werd om te besoek vir mense wat in Pretoria/Johannesburg woon en uit die stad wil wegbreek en nie ver wil ry nie."
"Mooi plattelands. Afridome was ons bestemming, maar nie vir vakansiehou nie."
"Baie lekker atmosfeer. Ons het die dorpie vreeslik geniet, sal beslis binnekort weer besoek."
"Parys is 'n lieflike dorp. Dis wel hartseer dat dit ook maar bietjie skade gely het weens swak dienslewering. Ons krag was nogal baie af en die water is bv. totaal onbruikbaar. Maar die mense is almal vriendelik en wonderlik. Die winkels en restuarante is regtig oulik."