Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1459 resensies.
"Baie bly om te sien dat van die strate darem nou reg gemaak word! "
"Die paaie is baie sleg, maar 'n heerlike rustige plek waar 'n mens lekker in die straat kan loop waar al die antieke winkels is. Ons het dit baie geniet. baie dankie."
"Dit was vir ons baie aangenaam, maar die pryse van veral die antieke winkels was vir ons skokkend hoog. Jammer ook dat omtrent al die winkels om 4 nm toemaak en eers 9 uur in die oggende eers oopmaak. Ons het laat daar aangekom en moes vroeg die volgende oggend weer ry. Ons sou graag nog 'n paar winkels wou besoek maar kon nie tot 9 uur wag nie."
"Ons het die winkels vreeslik geniet. Let wel dat meeste van die kuns en antieke winkels al 16:00 in die week en op Saterdae sluit. Ons het heerlike ontbyt by EnStyle geëet en die etes by O's en Jimmy Jaggers was uitstekend."
"Dis jammer dat die museum gesluit was tydens ons tyd daar. Ons sou graag daar 'n draai wou gaan maak. "
"Parys is 'n tipiese Vrystaatdorpie met aanleg. Die rivier en alles wat jy daar kan doen is baie opwindend. Breëstraat is natuurlik die grootste trekpleister vir my gewees."
"Dit was so vreemd dat baie van die restaurante toe was en dit was hoog seisoen (eerste week in Januarie). Behalwe daarvoor is daar regtig oulike winkeltjies om jou dag om te shop as die man gaan pap gooi."
"Ek was baie teleurgesteld dat Mimosa Tuine se swembad ens. toegemaak het. Ek het oral in die dorp rondgevra maar niemand het geweet waar ek die kinders kon vat nie. Behalwe dat ek nie 'n swembad kon kry nie, is Parys 'n baie rustige, skoon en veilige dorpie. Perfek om weg te breek van die stad se gejaag!"
"Parys is 'n pragtige plek. Dit was natuurlik 'n bietjie besig oor die Kersseisoen, maar sal beslis weer daar gaan kuier."
"Parys se hoofstraat is 'n ongelooflike lekker plek. Die winkeltjies is baie verwelkomend en skep 'n wonderlike atmosfeer. Parys staan nie terug vir Clarens in dié opsig nie. Daar is ook gorie gholfbane wat die mans besig gehou het sodat die vrouens kon rondloop."
"Goeie reisafstand vanaf Johannesburg. Party plekke maak te vroeg toe. EnStyle is uitstekend. "
"Parys is 'n baie ontspannende en rustige dorpie met baie oulike eetplekkies en winkels. Baie buitelugaktiwiteite."
"It is a nice place, especially for golfers because of the choice of 2 golf courses."
"Rustige dorpie met baie plekkies om te sien. Die vierwielmotorfietse by Earth Adventures was baie pret en Die Blakermaker-winkel was baie interessant. Net jammer die Dog & Fig-brouery was gesluit vir 'n funksie. Ons sal maar volgende keer daar omgaan. "
"Rustige en pragtige dorpie. Ideaal geleë vir 'n vinnige wegbreeknaweek. Beslis die moeite werd."
"Lieflike dorp met te veel om te sien en beleef. Ons beplan om weer terug te kom om die plekkies wat ons nie hierdie keer kon besoek nie te sien en beleef."