Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Parys

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1459 resensies.

Parys

New Beginnings

"Sal dit beslis weer besoek. "

Parys

Aloe River

"Parys het 'n vakansiegevoel met 'n klomp oulike winkels. Gaan eet gerus iets by O's en besoek die Dell Cheetah projek."

Parys

Rose Acres Guest House

"Die pragtigste dorpie met die vriendelikste mense!! Dit was WOW!"

Parys

Rose Acres Guest House

"Sal dit enige tyd weer besoek - bietjie langer oorbly en meer plekke besoek."

Parys

À la Maison Boutique Guesthouse

"Parys is pragtig. Ek gaan terug wees so gou as moontlik."

Parys

Vaal de Rama

"This is a vastly underrated jewel in the crown of SA tourism. Good value for money. Wonderful range of activities. The Vredefort Heritage Site has to be experienced and a visit to Ita at Paris Info will give you a great range of guides who can do that. There is no one better than Christo Botha with his treasures at Kopjeskraal Country Lodge. I love the Dog and Fig brewery's beers and I especially love that there were no dogs or figs but rather two cats and a lemon tree."

Parys

Aqua View Riverside Guesthouse

"Baie jare geneem om daar besoek af te lê en was beslis nie teleurgesteld nie."

Parys

Arvore Selfsorg

"Die dorpie het 'n unieke karakter en daar is so baie om te doen en te sien. Boonop is dit regtig naby aan Johannesburg en mens kan maklik 'n daguitstappie daarvan maak."

Parys

Rose Acres Guest House

"Vir die wat nog nooit in Parys was nie, jul kan gerus "Die Plek" by O's restaurant besoek vir die mooiste sonsondergang en die lekkerste pizza's. O ja, en drink gerus 'n "Gingerberry" by die Plum Tree Vintage restaurant."

Oudewerf, Parys

Casa Cara Guest House

"Nie bekend daarmee."

Parys

Aqua View Riverside Guesthouse

" Nee is 'grand', lekker atmosfeer in die dorp met die baie koffiehuise. "

Parys

Hessie se Witperd

"Hartlike mense, baie vriendelik en behulpsaam."

Parys

Doringbos Lodge

"Lieflike dorpie met lekker nostalgie, genoeg eetplekke en dis pragtig."

Parys

À la Maison Boutique Guesthouse

"Parys is besig om stof te skop in die oë van 'n paar ou gevestigde "bestemmingsdorpies". Mooi Parys hou dit hoog."

Parys

Rose Acres Guest House

"Oulikste winkels en vriendelike mense. "

Parys

Le Grand Chateau

"Pragtige klein dorpie. Breë straat is vol klein eetplekkies, en kunswinkeltjies."

Parys

Devondale Guesthouse & Spa

"Oulike winkels en restaurante."

Parys

Dimalachite River Lodge & Nature Resort

"Baie om te doen en te sien in die omgewing."

Parys

À la Maison Boutique Guesthouse

"Baie mooi dorp, baie dinge om te doen. "

Parys

Schilbach House

"Hulle kan gerus hulle paaie regmaak."

Parys

River Cottages

"Met die padwerke daar was dit maar 'n bietjie ongemaklik met die rondryery, maar ek is seker sodra dit uitgesorteer is, sal dit weer lekker wees om daar rond te beweeg. SPAR kan dalk so bietjie hulle pasteie verbeter, was nie op standaard nie."

Parys

Blue @ Vaal

"Oulike plekkies wat 'n mens graag net een maal besoek, nie regtig baie aktiwiteite behalwe kuier in koffiehuise en winkeltjies nie."

Parys

Doringbos Lodge

"Baie oulike dorpie. Baie besig met aktiwiteite oor naweke. Die avontuurlustige sal iets daar kry om te doen."

Parys

Klipdrif Guest House

"Parys is a great little town to get away from the city for a couple of days, peace and quiet. Nice and close to Johannesburg with loads to do out and about!"

Parys

A Mountain View Country Estate

"Daar is heelwat te doen in Parys self. Ons het by O's gaan aandete eet en ek kan dit enige tyd met geruste hart aanbeveel. Die kos en diens was uit die boonste rakke. Ons het The Dell Cheetah Centre ook besoek en was dit ook `n baie aangename en interessante ondervinding. Sal dit ook aanbeveel. The Dog and Fig Pub and Grill was ook `n goeie ondervinding en sal ons weer daar besoek aflê."

Parys

The Dell

"Parys word ongelukkig bemark vir die oorsese mark. Die plekkies is baie duur."

Parys

À la Maison Boutique Guesthouse

"Parys is goed geleë en daar is baie sienswaardighede ... alles is om jou en jy het nie nodig om ure te ry om daar uit te kom nie. Ek dink net dat die boeregemeenskap 'n bietjie meer by die ekonomiese welstand van die dorpie betrek moet word soos bv. by boeremarkte. "

Parys

New Beginnings

"'Shop' altyd lekker daar."

Parys

Jak de Priester Huis

"Uitstekende naweekbestemming."

Parys

River Cottages

"Van die eetplekke en winkels is bietjie laf met hul eetgoedjies en duur suikerwinkel! Maar dit is steeds 'n lekker plekkie met unieke kultuur en interessanthede. Ook net 'n entjie van Johannesburg af."

Blad
Blad 40 - Wys 1171 tot 1200
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem