Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1459 resensies.
"Die geweldige uitbreiding en ontwikkeling in Parys het ons verras! 'n Lieflike dorpie vir vakansie en om in te woon."
"Ek en my man wou nie terugkom Johannesburg toe nie. Sal maklik in Parys kan aftree."
"Lekker naby aan Parys, heerlike kuier- en eetplekkies en baie oudhede om te aanskou. Palm Tree het nog jare gelede se Huisgenote en die lekkerste kos. "
"Mense is vriendelik en baie om te doen daar. Gholf, visvang, fietsry, kanovaart, riviervlotvaart en meer."
"Dis 'n interessante dorpie maar nie bejaarde of gestremde vriendelik nie. Daar is min sypaadjie beweegruimte en die dorpie sal daarby baat as hul die loopruimtes en oorgangplekke veiliger maak. My ma, soos baie bejaardes, loop met 'n wielietjie trollie en kierie en sy was gedaan om 'n plekkie te soek waar sy maklik kon beweeg. Daar is baie afgetredenes wat as hul weet dis beweegvriendelik die dorp sal besoek want dis nie te ver nie en kan maklik 'n daguitstappie wees."
"Have been to Parys many times. I enjoy the lovely big river, antique shops and two lovely big stores in the centre of Parys. Unfortunately it seems to be short of money, and the state of the homes are very poor and grubby. "
"Pragtige dorp met heerlike eetplekkies en winkels. Die rivier en omgewing is pragtig."
"Ek was nog altyd baie mal oor Parys. Heerlike plek om te kuier en die sak te skud. Ons het by Hoi Poloi ontbyt geëet - wat 'n ongelooflike plek!"