Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1459 resensies.
"Ek wens ons het meer tyd gehad om al die winkeltjies te besoek het. Ons het gegaan en White River Rafting gaan doen op die Vaalrivier. Dit was amazing."
"Kan seker nie oor Parys kla as sekere dele van die land in net so 'n chaos is nie. Bly ons gunstelingbestemming in die Vrystaat."
"Parys is 'n baie vriendelike dorpie en veel om na te kyk, baie om te doen naby die omgewing."
"'n Oulike plattelandse dorpie met aangename mense. Heerlike eetplekke en oulike winkeltjies."
"Ken Parys goed. Het heerlik by O's gaan eet een aand. Kan dit ten sterkste aanbeveel."
"Met die agteruitgang van ons mooi land en verskeie dorpe wat so verval en verwaarloos word, moet ons erken, Parys lyk nog baie goed in vergelyking met baie ander dorpe wat ons al besoek het. Daar is wel slaggate, maar redelik min. Die strate is mooi skoon en ons kan nie nie daaroor kla nie."
"Ons het nie kans gekry om by die oulike winkels en restaurant 'n draai te maak nie, maar sou dit regtig graag nog wou doen."
"We absolutely love the small-town vibe and the little shops on the main road. My favorite is the sweet shop. There is so much to do. Real Adventures offers quad biking, river rafting, paintball and so much more. A 30-minute drive takes you to Emerald Casino and Resort where there is a variety of activities. Pont De Val is 15 from Prarys, where you can enjoy the tranquility of the Vaal River and some delicious wine. Vredefort Drome is also 20 min from Parys. Parys is really an amazing little town."
"Daar is heelwat te doen in Parys en omgewing vir buitelug-entoesiaste en vir diegene wat interessante winkels en ware geniet. Ook goeie eetplekke. Plus dit is in die histories belangrike en pragtige Vredefort Koepel geleë."
"Paaie en strate vol slaggate. Buiten vir Bree-straat is die res van die dorp soos 'n oorlogsone. Afgekom op 5 lyke in die straat wat kort tevore deur die polisie doodgeskiet is! Jammer, maar Parys is nie meer vir ons nie. Winkels en kosplekke gaan vinnig agteruit. Dis so jammer want Parys was altyd mooi en rustig met lekker kos en tonne oudhede."