Geverifieerde Resensie
Philippolis
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Philippolis bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 218 resensies.
"Die ervaring dat almal mekaar groet op straat en daar net vriendelike mense in die dorp is, was 'n besonderse ervaring."
"Die pad tussen Phillippolis en Colesberg kort bietjie aandag maar is regtig nie te erg nie. Phillippolis is lieflik skoon. Die wil voorkom asof tyd daar stilgestaan het en dat dit ongerep deur die besighede op sy eie pas voortgaan."
"'n Mooi klein dorpie vol geskiedenis en karakter. Absoluut die moeite werd om hier 'n draai te maak!"
"Die gemeenskap is vriendelik en baie behulpsaam. Daar moet net op die websites gesit word watter restaurant beskikbaar is. Veral as mens na 6 daar aankom, anders gaan jy honger slaap."
"Klein dorpie met vriendelike mense, maar sal moet teruggaan om Philippolis te besoek, aangesien ons net daar oornag het."
"Ons sal graag weer wil teruggaan om hierdie netjiese, skoon dorpie beter te leer ken. Dit hou beslis die belofte in van 'n skatkis propvol geskiedenis, stories en dinge om te weet en te doen."
"Ek is mal oor die baie klein dorpie gevoel met baie warm hartlike mense. Die samehorigheid by die plaaslikeskou se skaapspoedskeer was die hoogtepunt. Dit was 'n hoendervleis ondervinding. Philippolis is 'n regte plaasdorp. Baie lekker."
"Take food just in case all eateries are closed. Local supermarket unexpectedly bountiful. "
"Baie oulike en karaktervolle dorpie wat ietwat van 'n herlewing probeer bewerkstellig. "
"Karaktervolle Karoo-huise en Victoriaanse huise en historiese geboue. Antieke winkel was die middag gesluit en die geadverteerde kaggel en koek van een van die restaurante was non-existent. "
"Dit is 'n mooi klein dorpie en heel lekker om in oor te slaap oppad van die Kaap na Gauteng. Daar is egter nie eintlik 'n eetplek oop in die aand nie."
"Ek dink beslis dat iets gedoen kan word om daardie omgewing te ontwikkel of te bevorder. Lieflike mense en wêreld."
"Die mense op Phillippolis is vriendelik en gasvry en mens voel en is so veilig in hierdie dorpie. Al die geskiedkundige plekkies soos die museum, kerk, Laurens van der Post-museum en tuine maak dit interessant om te besoek. Die diens en etes by Sielskos en Bird Haven was onverbeterlik en kry ons komplimente. Ons het ook aangedoen by Oom Jan se Gastehuis en Restaurant en alhoewel dit heelwat duurder is, is Oom Richard Proctor-Simms iemand wat sorg vir ietsie lekker om te eet, en 'n mens verlaat die plek met heelwat meer kennis oor die dorpie en sy mense as voorheen. Die brouery net buite die dorp en talle ander plekkies maak dit die moeite werd om meer as een dag in Phillippolis deur te bring."
"Rustige en skoon plattelandse dorp waar ons baie veilig gevoel het. 'n Lekker tuisnywerheid. Maaltye kan bestel word wat vir jou tuis afgelewer word. 'n Hele paar besienswaardighede om te besoek bv. Sir Lourens van der Post-gedenktuin, die pragtige histories kerkgebou, die ou tronk ens. Bestee minstens 'n dag daar."
"Stoepsit Restaurant is 'n moet as jy in Philippolis kuier. Heerlike kos, uitstekende en vriendelike diens en baie billike pryse."