Geverifieerde Resensie
Pinnacle Point
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pinnacle Point bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 55 resensies.
"Arguably the most beautiful golf estate in South Africa."
"Pinnacle moet asb. addisionele parkering binne die lodge-area maak vir besoekers. Veral nou dat die shuttle-diens nie meer beskikbaar is nie. "
"Uitstekend, was ons 2de keer hier. Veilig, skoon, beeldskoon natuur, fantastiese hardlooproetes. Beplan moontlik aftrede by Pinnacle Point."
"Netjies met 'n pragtige uitsig en staproetes. Vriendelike diens. Klubhuis was gesellig en professioneel. Ons kon die natuur in ‘n veilige omgewing verken en geniet. "
"Sal enige een aanbeveel om daar heen te gaan wat 'n wegbreek benodig. Dis veilig, asook baie baie pragtig."
"Dit is prentjie mooi met ‘n bekostigbare restaurant op die perseel waar jy ontbyt, middag en aandete kan geniet. ‘n Mooier see-uitsig sal jy nie sommer kry nie. Die klubhuis is ideaal vir ontspanning en gholfers sal natuurlik in die 7de Hemel wees met dié gholfbaan. Winkelsentrum en casino is naby geleë. Ontdek selfs grotte en voetpaaie wat jou asem sal wegslaan. Heerlike ontspanningsgeriewe by die Spa is jou te wagte. Swembad, borrelbad en sauna. Uitstekende diens oral by Pinnacle Point."
"Wonderful coastal walk down from club house to explore beaches and caves. Idyllic morning spent on Oyster Bay beach exploring the rock place, so lovely and quiet. We are very keen to do St Blave's trail next time we are there. Large areas of untouched fynbos between properties and golf greens makes it feel like you're in the wild. I only hope that it doesn't get developed too much more!"
"Mooiste gholfbaan in die land en baie veilig."
"Great destination with beautiful surrounding and private little Oyster Bay beach. Very safe and relaxing and enjoyable views. One appreciated the unspoilt natural creation."
"Indien die pendeldiens uitgelaat en voorsiening gemaak word om in te ry met parkering, sal dit baie makliker wees en die eenhede se waarde sal verhoog."
"Heerlike oord met baie om te doen vir die hele familie. Spa is besonders en die restaurant het ‘n pragtige uitsig. Heerlike staproetes!"
"Een van die mooiste plekke in Suid-Afrika om te besoek. Asemrowende uitsig en baie veilig. Top geriewe beskikbaar. "
"Die personeel is vriendelik en behulpsaam. Die vervoer na en van die lodges is patykeer 'n omslommernis, maar terselfdertyd opwindend. Kom beslis weer."
"Pinnacle Point is die ideale vakansie plek vir die hele gesin. Veilig en pragtige natuurskoon. Ideale ligging."