Geverifieerde Resensie
Escarpment
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escarpment bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1579 resensies.
"Was vir ons snaaks dat net 2 restaurante oop was in die aand vir aandete. Deur die dag kan jy kies en keur, maar nie veel opsies in die aand."
"Dullstroom is 'n heerlike ervaring en ons sal weer gaan, maar ander verblyf gebruik."
"Dullstroom is 'n baie lekker plek vir 'n naweek-wegbreek. Dit kan nogal besig raak, daar is goeie restaurante, lees maar eers die resensies. Ek sal Vine Wine Bar & Eatery aanbeveel."
"Dullstroom was eerste op ons lys van besoek en staan paal bo water in vergelyking met sommige van die ander klein dorpies besoek. Dit leen homself baie meer tot toerisme en blyk gesond te wees in ekonomiese welvaart."
"Ons geniet altyd 'n besoek aan Dullstroom en het nou al in vyf verskillende plekke gebly."
"Die Birds of Prey en Waffle House is 'n moet! Dit is maar 'n koue bestemming so pak die warm goed!"
"Lyden is mooi en die omliggende omgewing nog mooier. Dit was bietjie ver vir my om te ry, maar dit was die moeite werd. Ek sal graag wil gaan indien ek meer tyd het. Die dorpsmense is warm en vriendelik. Daar is baie mooi eetplekkies en dit pad is goed ten spyte van die slaggate. Ek het 'n paar plekke stil gehou en foto's geneem."
"Dullstroom is 'n pragtige dorp. Baie oulike winkeltjies en eetplekke. Daar moet net aandag gegee word aan die grondpaaie in die dorp. Sommige winkels het nie plaveisel waar mens buite parkeer nie. Met ons besoek het dit omtrent heeltyd gereën en dan moes ons deur die modder sukkel na ons motor."
"Mense is so vriendelik. Interessante winkeltjies. Heerlik geëet by Mayfly. "
"Pragtige dorpie, vriendelike mense, puik restaurante en winkels. "