Geverifieerde Resensie
Escarpment
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escarpment bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1579 resensies.
"If you make the effort, there's a lot more to Dullstroom than just the popular places along the main street."
"Die oulikste dorpie met die mees interressante winkeltjies wat 'n mens net nie genoeg van kan kry nie! Die mense is so vriendelik en die beste is dat dit so dierevreindelik is - daar was verskillende winkeltjies wat waterbakke buite gehad het vir die honde wat verby kom en water wil drink - oulik!"
"Dullstroom op sigself nie ingerig vir groot groepe mense veral by die restaurante. Swak diens."
"Die potholes is nogal erg, so indien mens 'n bakkie het is dit beter om daarmee te reis. Die pad na Sabie was heel goed gewees. "
"Nie veel oor waterval boven nie, maar Kaapsehoop is so 30 min se ry vanaf luilekker, 'n heerlike ondervinding en die moeite werd om te besoek."
"Dullstroom self is baie duur en daar was baie “hawkers”. Dit het die stap deur die strate onaangenaam gemaak en ons het op pad terug huis toe besluit om eerder by die vulstasie te stop vir water. Ek is seker die toeriste van ander lande geniet die winkeltjies met unieke kurios in."
"Mense is vriendelik, 'n dorpie met pragtige natuurskoon. Ons sal Dullstroom enige tyd aanbeveel as mense net wil rustig raak en ontspan. "
"The travel distance from Johannesburg and Pretoria is one of its main advantages."
"Die pad vanaf Dullstroom na Lydenburg is baie sleg en die pad deur Lydenburg is wel besaai met slaggate. Ry versigtig."
"Pragtige dorp, toeruste vriendlik, skoon en veilig. Ek wens die ander dorpe in ons land kan by hulle kom leer."
"Ons hou baie van Dullstroom en sal aanhou soontoe gaan. Ons kuier altyd baie lekker en eet ook net so lekker. Naby genoeg vir 'n vinnige wegbreeknaweek of sommer net vir 'n daguitstappie."
"Dullstroom is heerlik om om in rond te stap en die verskillende winkels te besoek. Ons het byvoorbeeld 'n baie lekker agtermiddag gespandeer by Wild About Whiskey."
"Omgewing is pragtig, een klagte sal ek sê is die swak toestand van die paaie in die dorp Lydenburg."
"'n Paar mooi plekke, maar die dorp het baie agteruit gegaan. Die paaie is vol slaggate. "