Geverifieerde Resensie
Plattekloof
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Plattekloof bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 68 resensies.
"Plattekloof se ligging is baie goed. Mooi tussen die stad en die ander omligende areas soos Durbanville, Stellenbosch en Franschhoek. 2 minute dan is jy op die N1. Ek kan enige plek vinnig bereik. Sal vir seker weer daar bly wanneer ek Kaap toe gaan!"
"Such a convenient location. Close to hospitals, restaurants, and shops. "
"There is a need for a shuttle, especially to people who has no means of transport at the time of visit. Or those not allowed to drive due to general condition. Or there are contact nrs for available means of transport."
"Will always book in this area. Thanks to LekkeSlaap for highlighting that it is a good area to stay in if you want to be close to the airport. "
"Fantastiese omgewing om te bly as jy in die Kaap is. Bietjie weg van die vreeslike geraas, en vriendelike mense."
"Vir ons plattelandse mense is die stad maar effe raserig, maar ons kon met gemak aan die slaap raak en het heerlik gerus snags. Die ligging is heerlik sentraal en naby aan goeie winkelsentrums en die lughawe."
"Ek sou Plattekloof nie beskryf as 'n toeristebestemming nie, maar eerder as 'n perfekte sentrale punt om in te bly."
"Al lê Plattekloof naby die N1, is die area ryk aan groot bome wat die klanke van die hoofweg verbloem. Dit is 'n netjiese, skoon en stil woonbuurt. As toeristebestemming is dit 'n goeie area om saans uit te rus en te ontspan. Of jy nou die stad met al sy bekoorlikhede soos Tafelberg of die strande van Blouberg, die wynplase van Stellenbosch en die Paarl will besoek, of jou dae in Canal Walk wil deurbring, alles bly stapafstand."
"Die uitsig is pragtig. Mooi netjiese omgewing. Lekker stil, uit die stad se gejaag uit."