Geverifieerde Resensie
Plettenberg Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Plettenberg Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 943 resensies.
"Wat 'n mooi omgewing, met soveel om te doen. Die see, restaurante, fietsry (Sterkte met al die bulte!), stap, padstalle, ens."
"As jy kom om te ontspan is Plettenbergbaai fantasties. Ons het al die plaasstalle besoek en die besighede ondersteun en Knysna was lekker naby vir uitstappies."
"Dis 'n mooi van wat ons gesien het. Dit het 'n hele paar sanctuaries in die omgewing. En die strand is baie mooi met 'n lekker restaurant met die naam Ristorante Enrico."
"Was nie verniet Formosabaai genoem nie. Om op Robberg te stap, is 'n groot voorreg!"
"Al was dit koud en reënerig was al die besienswaardighede se personeel baie vriendelik. Ons sal beslis weer kom, want daar is nog baie wat ons wil doen."
"Plettenbergbaai is ’n pragtige plek. Ek sal enige persoon aanbeveel om Plettenbergbaai te gaan besoek."
"Baie avontuurplekkies rondom en in die omgewing. Mens kan nie daar verveeld raak nie, pryse is maar bietjie knap, maar daar is genoeg strande om te gaan verken."
"Plet is 'n pragtige plek daar is so baie om te doen met die kinders, jy sal nie vinnig verveeld raak nie. Kan nie wag tot Desember nie!"
"Mal oor Plettenbergbaai. Gaan volgende jaar definitief weer. Kon nie alles doen in een week."
"Plett is so mooi en het 'n heerlike strand met baie minder wind as van die ander strande in die omtrek!! Ook baie veilig!"
"Plettenbergbaai is 'n fantastiese vakansie-bestemming met kinders. Daar is baie om te doen en sien."
"Plettenbergbaai is 'n pragtige dorp. Elke tweede jaar is dit ons as huisgesin se bestemming. Ek beveel altyd my kollegas aan om te gaan. Hier is soveel aktiwiteite."
"Ek is verlief op Plett, ons kom al Plett toe vir 17 jaar."