Verified Reviews
Plettenberg Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Plettenberg Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 508 reviews.
"Plett is 'n wonderlike bestemming met baie om te doen en sien. Die strande is mooi skoon en veilig."
"Elke dag was daar iets besonders wat ons kon doen. Beslis die moeite werd om daar te gaan draai."
"Dit is meer 'n plek vir doendinge. Ons is mal oor die Waterpark."
"Verskriklik lekker! Desember, restaurante is onbekostigbaar! Maak gebruik van Kwikspar, Spur en Skiboat club! "
"Great beaches, perfect holiday destination. Close to Robberg nature reserve and wildlife as well as the Crags which offers great places for a day trip - the Elephant Sanctuary, Monkeyland and Birds of Eden."
"Plettenbergbaai is die ideale bestemming vir vakansies. Die dorp is skoon, die paaie is heel, en die 'locals' laat jou dadelik tuis voel. Die aantal aktiwiteite en besienswaardighede is ongelooflik. Ons was 9 dae in Plett, en ons het nie tyd gehad om alles te doen nie. Hierdie dorpie sal my vir seker weer sien."
"Plettenbergbaai sal altyd 'n spesiale plek in my hart hê omdat my ouers daar 'n strandhuis gehad het. Ons het as kinders vele lekker vakansies daar deurgebring. Dit was baie lekker om weer terug te keer daarheen. Daar is so baie om te doen in en om Plettenbergbaai - jy sal nooit 'n vervelige oomblik hê nie. Mens gaan moet teruggaan om alles wat nie gedoen is nie met 'n volgende keer te gaan doen!"
"Vir vakansiedoeleindes dink ek is Plettenbergbaai 'n goeie bestemming. Vir my sakereis was dit tot my beskikking voldoende."