Geverifieerde Resensie
Potchefstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 931 resensies.
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Cross Roads Inn"Ongelukkig het die middedorp erg agteruit gegaan en die Kerkstraat wandellaan is erg onveilig en waar daar ook `n poging om my te beroof - daar was nêrens enige waarskuwings borde of SAP lede sigbaar in 'n area wat duidelik 'n hoë risiko vir besoekers is. Ek kon ook nêrens ys te koop kry op Kersdag nie. Die toestand van die Potchefstroom dam-area is 'n skande vir die dorp!"
"Baie netjiese, veilige woonbuurt. Bietjie uit die middedorp, so rustig deur die nag. Sal definitief weer daar slaap."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Dan-Li Oornag"Het nie baie rondgery nie, maar dit was ons gesien het was netjies en bekend! Mooi dorp wat mooi opgepas moet word!"
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Dan-Li Oornag"Ons het Potchefstroom baie besoek toe ons seun daar studeer het en gedurende daardie jare was dit altyd lekker om in 'n skoon dorp te kuier. Maar toe ons nou daar oornag het was die hele dorp vol swartsakke met huisvullis. Rommel en papiere het die hele wêreld vol gelê. Wat 'n jammerte dat so 'n pragtige, geskiedkundige dorp so vinnig agteruit gegaan het. "
"Die Bult het die laaste jaar of twee effens agteruit gegaan wat veiligheid aanbetref. Hopelik kan die dorp se bestuur iets daaraan doen. Die eetplekke is egter steeds uitstekend en die akkerbome is pragtig. Probeer gerus die Steakhouse (langs Ocean Basket) se T-been."
"My dogter sê dit is 'n baie oulike plek, het na die "Ou Wilgerboom van Potchefstroom" gaan soek!"
"Ons wil graag weer kom, want 'n naweek is te min tyd. Die wat ons gesien het, maak ons lus om vir 'n week of twee te kom om alles te sien. "
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Camelot Guest House & Apartments"Lieflike, boomryke en geskiedkundige ou dorp. Mens voel onmiddellik tuis daar."
"It has sentimental value for me because my daughter is at school there. I really don't know the town."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
A Touch of Grace"Dit is 'n baie mooi area en stil, en kan nie wag vir nog so 'n geleentheid nie."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
A Touch of Grace"Dit bly en sal altyd 'n plek van groot waarde in ons harte wees, omdat ons hele gesin daar geswot het."
"Rustige, pragtige, skoon plek. Ongelooflike restaurante, gastehuise en vriendelike mense."
Van der Hoff Park, Potchefstroom
Sunset Manor Guest House"Bietjie ver van Aardklop-terrein, maar is baie rustig."
"Die Bult was gerieflik naby waar my Suster by NWU studeer. So ons was lekker naby mekaar en die verskillende restaurante maak kuier/etes baie gerieflik."
"Alles die besighede is bymekaar, het nie nodig om ver te ry nie en vir Aardklop net die regte omgewing."
"Dit was wonderlik dat die fees weer op Die Bult aangebied word. Heerlike kontrei kos by die stalletjies!"