Geverifieerde Resensie
Pretoria East
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria East bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 612 resensies.
"Ek dink dit is fantasties, want jy voel baie veiliger en hulle was net so vriendelik en behulpsaam."
"Constantia Park is a quiet, gated suburb which is centrally located in Pretoria, close to great restaurants, shopping malls and CBD (driving distance)."
"Pretoria-Oos is volgens my nie regtig 'n groot toeriste bestemming nie maar is baie maklik binne bereik met baie goeie paaie. Ek verkies om die deel as basis te gebruik om ander plekke te besoek."
"Garsfontein is goed geleë met winkels, hospitale, teaters en als wat jy nodig het."
"Die winkelsentrum het als wat ons nodig het en die Spur was ons goedgunstig om ons net voor toemaaktyd te akkomodeer. Dankie vir hierdie vriendelike mense."
"Vir iemand wat glad nie vertroud en op my gemak is met die stad nie, was my tydjie in daardie omgewing heel lekker, en ek het baie veilig gevoel, asook was dit nie moeilik om Cosy Cottage te kry nie! Erasmuskloof sal my gou weer sien, want als is lekker naby geleë."
"Garsfontein self is nie wat-wonders nie. Maar mens slaap nie oor om Garsfontein te besigtig nie, maar eerder die groter Pretoria-omgewing."
"Met ons kinders en ander familie wat daar bly, sal dit altyd ons bestemming in Pretoria wees."