Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2125 resensies.
"Garsfontein het my beïndruk. Skoon woonbuurt met pragtige huise en welige plantegroei. "
"Bekoorlike omgewing met Austin Roberts Park, Magnoliadal, netjiese groen tuine in die woongebied en inkopiefasiliteite in die kleiner SBG van Groenkloof; ook die gerief van Gimnasium en Life Groenkloof Hospitaal op die hoofroete."
"Dit is 'n rustige woonarea, maar ek sal dit nie as 'n toeristebestemming klassifiseer nie."
"Pretoria-Oos is 'n mooi rustige deel van Pretoria met als wat jy nodig het binne 'n klipgooi van jou verblyf."
"Ek sal weer daar oornag en beveel die gastehuis aan as jy kwaliteit diens en aangename omgewing wil hê."
"Kan nie regtig my opinie gee oor Moreletapark want ons het baie tyd by Tuks spandeer. Die area is vir seker netjies, skoon en in 'n gegoede area."
"Baie veilig a.g.v twee sekuriteits-toegangshekke waar jy moet aanmeld om by woning uit te kom."