Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2125 resensies.
"Absoluut gerieflik binne bereik van enige bestemmings in Pretoria of Johannesburg."
"Equestria is naby aan die meeste groot winkelsentrums en tuinsentrums. Time square Menlyn is ook naby."
"Baie oulik. Was so halfuur van Menlyn Mall en 10 min vanaf Woodlands Mall. Baie naby aan ander buurte, gastehuise en venues."
"Ons woon in Vaalwater en ons geniet inkopies by die Kolonnade. Dink nie ek sal in Montana wil vakansie hou nie, maar dit werk goed vir besigheidsbesoekers en vir ons doel."
"Die Wilgers is 'n uitstekende keuse wat baie naby die hospitaal is. Naby die winkels, as jy iets moet koop. Lekker! "
"Besighede is nie noodwendig ingestel op dienslewering nie. Daar is 'n veiligheidsrisiko's vir toeriste. Dit is 'n mooi stad, maar dit is steeds 'n stad wat baie bedrywig kan wees."
"Lynnwood is baie sentraal geleë. Naby die universiteit en naby Menlyn en Brooklyn. Baie baie goeie ligging."
"Ons kom van 'n klein dorp so dis groot verandering om in die stad te wees, dis darem rustig waar ons gebly het maar baie verkeer in die hoof paaie. GPS is jou vriend. "
"Geen toeristebestemmings in die onmiddellike omgewing nie, maar dit is uiters gerieflik as jy vir sakebesoeke moet oorslaap, ens."
"Sal meer aanbeveel vir sake reise; baie naby aan die stasie, het dit gebruik om te oornag vir vroeë bus."