Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2125 resensies.
"Naby alle winkels en die Unitas-hospitaal waarheen ek my ouers moes neem."
"Goed geleë vir Afrikaans is Groot se konserte of geleenthede by Moreletapark Gemeente."
"Ek ken nie die area nie. Al wat ek kan se dit is 'n pragtige, rustige buurt."
"Ek hou van Parkview Mall, het 'n groot Woolworths en Woodlands het 'n lekker koffiewinkel."
"Brooklyn plaas mens vinnig binne bereik van hoofpaaie, die beste inkopiesentrums, ens. Baie lekker restourante."
"Omdat daar net storte is, sal ek indien daar 'n baba is, miskien net 'n bababad/klein skottel byderhand hou, sodat die mamma haar baba kan bad. Moet ook sê, ons kon seker ook gevra het."
"Baie veilig en netjies, want dis 'n afgesperde woonbuurt met veiligheidswagte. Uitstekende winkelsentrum net om die draai."
"Tans kan ek nie sien dat Garsfontein 'n toeristemekka is nie. Met die voltooiing van Menlyn Main en gepaardgaande eiendomontwikkelling gaan dinge verander. Garsfontein is 'n baie natuurlike, boomryke en mooi omgewing. "
"We were just passing through Pretoria as we had to visit one of the Embassies. I believe there is quite a lot to see in the area and it could be an interesting place to visit. "
"Ek was vir die eerste keer by Safari in Lynnwood Road, en ek moet se dit was nou vir my 'n "treat" gewees! Die hele Lynnwood Road is eintlik oortrek met oulike kwekerye en ander interessante winkels! "
"Ons was drie groot mans, maar sou verkies het om in een eenheid te bly met private kamers. Miskien beter om die heel groot eenheid in 'n drieslaapkamer-eenheid te omskep."
"Vir ons plaasjapies is dit 'n lekker uitstappie met genoeg kuier en eetplekke en inkopies."