Geverifieerde Resensie
Queenstown
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Queenstown bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 80 resensies.
"Pragtige natuur om Queenstown. Baie ou historiese geboue om te besigtig. Pragtige skoon dorp."
"Omgewing is pragtig. Nie regtig dorp besoek om kommentaar te lewer nie."
"Daar is nie baie om te sien op Queenstown nie, behalwe die wildplase. Daarom sal ek dit nie as 'n toeristebestemming aanbeveel nie."
"Goed vir oorslaap. Sal nie sommer tyd in die dorp spandeer nie. Het vir seker agteruit gegaan."
"It's a bit quiet but good to get away from the usual hustle & bustle of the big cities."
"Lewe word interessant op die klein dorpies. Hulle het groot droogte en water word in die aande bepland afgesny. Tydens ons besoek was daar onbeplande krag- en wateronderbrekings. Queenstown het lieflike ou sandsteengeboue, waarvan sommiges mooi beskerm word. Aanbeveling - besoek die Queenstown Museum, net R2 p.p. en die moeite werd al word daar nie genoeg gedoen om dit op te dateer nie. Ryk ou geskiedenis en 'n mooi skoenlapperversameling. "
"Sjoe, uit 'n reisiger se oogpunt is dit ongelukkig een van die vuilste dorpe. Die berge en omgewing is so pragtig."
"Oulike plek. Ons het veral die skulpiemuseum baie insiggewend gevind. Dit was ons tweede besoek. Ongelukkig nie meer tyd gehad om meer plekke te besoek nie."