Geverifieerde Resensie
Ramsgate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Ramsgate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 200 resensies.
"Baie netjiese, vriendelike plekkie met verbasend meeste Afrikaanse toeriste! Ons het Ramsgate baie geniet. "
"Het die area meer geniet as Margate. Was stiller en meer rustig as bv. Margate se strande."
"Baie lekker blyplek net jammer munisipaliteit het riool in see laat loop so kon nie swem. As mens see toe ry vanaf Limpopo wil jy graag daarin mag swem sonder om diaree ens op te tel. "
"Ramsgate is a central point to stay and have a lot to offer to holidaymakers. There are a lot of shops and malls close by."
"Baie lekker strand - klomp besienswaardighede in kort afstande rondom strand. "
"Ramsgate is 'n mooi vakansie bestemming, lekker om uit Margate se gejaag te wees."
"Ons het dit baie geniet om daar rond te ry en veral die "Waffle House" te besoek. Dis 'n baie mooi plek."
"Soos met die grootste gedeelte van die Suidkus kry mens maar die idee dat die omgewing slordig is en dat dienslewering nie goed is nie. Daar is egter baie dinge in die omgewing om te doen, en die plaaslike voedselwinkels het alles wat mens nodig het en diens is baie vriendelik - veral by die plaaslike Spar. Die talle eetplekke bied heerlike afwisseling, maar mens moet in gedagte hou dat dit baie meer 'laid back' as in die groot stede is en dat jy nie haastig moet wees as jy gaan eet nie."
"Dit is naby alles en is 'n lekker plek om te rus, maar 'n ent van die see af weg moes elke keer see toe ry. "
"Ramsgate is 'n heel goed geleë toeriste bestemming. Daar is inkopiesentrums redelik naby, die strand is mooi skoon en heerlik om te swem in die see. En Wild Coast Sun is net om die draai vir die hele familie se genot."
"Ramsgate was fantastic. So many nearby activities. Luckily a very quiet stay without crowds."
"Ramsgate is 'n baie lekker plek om vakansie te hou. Lekker klein en nie so besig soos Margate nie."