Geverifieerde Resensie
Ramsgate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Ramsgate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 200 resensies.
"My eerste keer hier en ek het dit geniet. Ramsgate-strand was perfek met Waffle house en restaurant binne loopafstand. Ramsgate is lekker sentraal en naby genoeg aan winkels ens. Sal weer besoek."
"Daar is wonderlike eetplekkies en strande om te verken. Sowat 3 km van Calamari af is 'n pragtige skoenlapperplaas. Margate se strand is net 20 minute se vinnige stap strandlangs. "
"Beste plekkie om te besoek oor 'n vakansie. Dit is mooi met 'n stil strand en vriendelike mense."
"This was the 5-star for me, I will definitely recommend the place to my friends and colleagues. We enjoyed every little thing."
"Ramsgate is soveel lekkerder en beter as wat ek verwag het. Het altyd net in die verbygaan na Ramsgate gekyk. Noudat ek dit van naby leer ken het, sal ek baie eerder Ramsgate toe gaan as Margate. Voorwaar 'n juweel waarvan mense nie bewus is nie. Dis stiller as Margate en in my opinie 'n baie lekkerder swemstrand."
"Ramsgate sal moet aandag gee aan hulle waterprobleme. Ons het 2 dae vroeër huiswaarts gekeer a.g.v geen water in die area nie wat glo n gereelde gebeurtenis is wat vir dae lank aanhou. "
"Ramsgate is a great place to have a holiday. There are many beaches in the area that are not too crowded, even over the December period. "
"Ramsgate se 2 strande is baie toeganklik en het baie spasie wat voorsiening vir enige tipe reisiger maak. Daar is 'n paar eetplekke en word verseker aanbeveel."
"Ramsgate is die ideale bestemming vir 'n rustige Suidkus-vakansie. Die 'Waffle House' bly 'n groot trekpleister en alle winkelfasiliteite en ander toeristebesienswaardighede (soos uShaka, Oribi-ravyn, baie mooi gholfbane, ensovoorts), is naby genoeg aan Ramsgate."
"Villa Montrose is baie sentraal geleë, naby die Spar en Pick n Pay. Dit is ook naby Ramsgate se hoofstrand en Uvongo."
"Ape kan problematies wees. Mense behandel hulle soos speelgoed en voer hulle tot nadeel van ander vakansiegangers, want ape kom soek kos by al die eenhede. "
"Ramsgate is stil met baie mooi strande. Daar is menige puik restaurante naby. Die SPAR maak inkopies gemaklik en 'n mens kan enige iets daar kry vir die kombuis."
"Dit was die eerste keer wat ons in Ramsgate gebly het. Ons bly gewoonlik in Margate of Uvongo maar van nou af is Ramsgate ons eerste keuse. Baie beter strand!"
"Just a pity the community have not done something about all the rubbish on the beaches. "