Geverifieerde Resensie
Richards Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Richards Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 199 resensies.
"There is not much tourism options, but I enjoyed the visit with friends and family."
"Baie goeie bestemming vir vissermanne. Pragtige dorp net jammer die steenkooltrokke neem oor."
"Richardsbaai het nie 'n ideale swemstrand nie. Dit is 'n lekker area vir visvang, en bied 'n lekker waterfrontuitsig vanaf die klompie restaurante in die area. Die bewoners is opmerkend vriendelik en daar is interessante aansigte op die erosie-verwoeste duine al langs die strand af."
"Lekker weer met vriendelike mense in die ongewing, maar strande in die omgewing raak 'n nes vir partytjies in die middae."
"Richards Bay was so clean and hardly a pothole considering what the rest of our destinations look like. It was like a trip back to the 90's."
"Richardsbaai is lekker, maar die Alkantstrand is bietjie rof vir kleintjies om te swem. Baie klippies in die branders en die see en strand self is nie baie skoon nie. Die mense van RB is baie vriendelik en behulpsaam."
"Ons was so 6 jaar gelede hier en was nogals geskok om te sien hoeveel restaurante staan nou leeg in Meer en See waar daar altyd sulke oulike plekke was. Die sypaadjies is slordig met lang gras maar dis ook so selfs in ons tuisdorp waar munisipaliteite nie meer skoon maak soos verwag word nie. Ons sal wel hier kan kom deel neem aan hengelkompetisies maar glo nie ons sal weer hier kom vakansie hou nie."
"Meerensee is 'n baie mooi vakansiebestemming en naby St. Lucia geleë vir dagbesoeke en verkenning."
"'n Akkurate kaart wat besienswaardighede aandui sal op prys gestel word. Strande se paaie bestaan nie, behalwe hoofstrand."
"Het gery vir ete die aand en die nabye sentrum was oorlaai met dronk, lawaaierige mense in motors. Ek het nie baie veilig gevoel nie. Die parkeerarea het ook gelyk soos 'n rommelblik."
"Was regtig verbaas met wat Richardsbaai geoffer het. Was maal oor hoe privaat die strand was aan die regte kant van Alkantstrand beach. Winkels en resturante was baie naby ook gewees. Beste vakansie tot dusver en weer het mooi saam gespeel. Net 1 keer uit die 6 dae wat ons daar was gereën."
"Die dorp word redelik deur beurtkrag beïnvloed, in so 'n mate dat slegs beperkte winkels oop bly (meeste restaurante maak toe, insluitend Spur) en vleis en roomysopsies is beperk."
"Ons was daar vir 'n verjaarsdag. Richardsbaai is nie eintlik 'n plek soos Durban of Ballito nie."
"Richards Bay in bad weather and out of season is not recommendable. But Porky's restaurant on the golf estate was very good."
"Dis 'n klein dorpie met nie veel om te doen nie. Ons was nie daar vir vakansie nie, maar wel vir 'n troue."