Geverifieerde Resensie
Riebeek-Kasteel
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riebeek-Kasteel bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 361 resensies.
"Ons eerste keer in Riebeek-Kasteel, het lekker rondgeloop in die koue en reën, al die klein winkeltjies beloer en (te veel!) geld uitgegee op hulle oulike produkte. Het Vlok Casteel se wyn- en ander produkte was baie spesiaal."
"Riebeeck-Kasteel is 'n pragtige dorp. 'n Heerlike area en dorp waar 'n mens vir 'n naweek kan ontspan. Die dorp is mooi skoon en die mense is uiters vriendelik."
"Riebeek-Kasteel is 'n pragtige en rustige bestemming wat onder 100 km vanaf Kaapstad is. Dit is vir seker 'n plek om te besoek."
"Beautiful town. Loved it all. Accommodation. Coffee shops. Restaurants and so much more to see!"
"'n Weggesteekte klein juweel wat om elke hoek iets interessant oplewer. Baie restaurant om van te kies. "
"Riebeek-Kasteel is 'n rustige dorpie en bied baie lekker eetplekke. Die grootste bate is die vele kunstenaars wat daar ateljees het - wat dit vir die kunsliefhebber 'n besliste bestemming maak. "
"Dit is 'n beautiful dorpie, maar dink nie die local pubs is altyd so gasvry nie."
"Baie lekker dorpie om in te kuier. Oulike winkeltjies en restaurante. Vlok Kasteel het my beïndruk."
"Rustige dorpie en ideaal vir 'n wegbreeknaweek. Dis 'n vinnige bestemming om te bereik van Kaapstad en omliggende gebiede."
"Maak al die pragtige, verwaarloosde geskiedkundige geboue reg! Die ou groot hoekhuis oorkant die parkeerplein wat tans ontsier word met 'n klomp verwaarloosde plante in lelike vuil plastiekverfhouers verdien aandag. Blykbaar was dit op n stadium 'n biblioteek. Oulike eetplekke en vriendelike mense. "
"Riebeek-Kasteel is beslis die geheime rustige bestemming vir 'n aangename toer van olyf- en wynplase. Genoeg restaurante om elkeen se smaak te bevredig en die nodige supermark om alles te koop wat jy benodig."