Geverifieerde Resensie
Riebeek West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Riebeek West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 64 resensies.
"Dit is beslis die beste bewaarde geheim in die Wes-Kaap. Dankie tog ons het dit ontdek. Ons sal beslis weer terugkeer na Church Hills en Riebeek Wes/Kasteel. Ek kan verstaan waarom kunstenaars dol is oor hierdie stukkie aarde. Selfs in hierdie droogte waarin ons gewikkel is, is dit 'n stukkie hemel hier op aarde."
"Riebeeck-Wes: Baie oulike plek - kan sien dat daar gewoel en gewerskaf word. Heerlike gemeenskap en 'n lewendige atmosfeer. Sal beslis weer soontoe gaan. Lieflike omgewing, vol interessante stories. "
"Ons was so oorweldig met die vriendelikheid van so 'n klein dorpie, dat dit baie beslis 'n plekkie is waarheen almal gaan heen terugkom weer en weer, die vermaak oor die naweek in die dorp was eersteklas!"
"Riebeek-Wes en Riebeek Kasteel is so na aan mekaar, dat hulle as 'n geheel gesien kan word. Aangesien dit 'n destinasiebestemming is waar vele troues plaasvind, is daar baie fasiliteite en besondere winkels wat andersins nie 'n bestaan sou kon maak nie. Ek het dus veel meer gekry as wat ek my voorgestel het. "
"My besigheid is Riebeeck Kasteel en derhalwe is dit bietjie uit die pad van al die eetplekke in Riebeeck Kasteel."
"Dis 'n baie stil en vriendelike dorpie. As jy lus is vir wegbreek en net ontspan, is dit die area waarheen jy moet gaan. "
"Riebeek West is a beautiful little town. The area is peaceful, safe and we had such a lovely stay there. Would also highly recommend having dinner at Old Dalby Restaurant. We had a wonderful dinner in the garden with food made to perfection. We can't wait to stay in Riebeek West again. "
"Ongelooflike dorpie en omgewing. Jy mis uit as jy nie hierdie area besoek as deel van jou Kaap-vakansie nie. "
"Dit was baie gemaklik. Die mense was almal baie vriendelik en die ontbyt was baie lekker."
"Wat 'n plesier om deur die dorp, veral woonbuurt te kon ry. Baie naby aan stad."
"Wonderlike ligging. Dis bietjie iets anders, veral met die fokus op platteland en olywe. Sal definitief weer kom."
"Cafe Felix Restaurant was 'n groot hoogtepunt van ons kuier. Vriendelike diens en heerlike kos geniet in 'n baie ontspanne atmosfeer."