Geverifieerde Resensie
Sabie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sabie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 702 resensies.
"Sabie as 'n destinasie is beeldskoon, maar daar is nie regtig baie om te doen in die nabye omtrek nie, dus moet jy effens uit ry na al die betrekkings ens."
"Skouspelagtige klein dorpie tussen berge vol verrassings. Elke warerval het sy die bekoring. 'n Moet sien vir elke natuur liefhebber."
"Baie mooi dorp, net jammer als gaan so erg agteruit - veral die paaie. Beslis baie mooi wêreld en so groen."
"Sabie is 'n lifelike plek. Was al baie daar en sal baie nog soontoe gaan."
"Die dorp moet net hulle strate regmaak en meer afleiding kry vir besoekers in die aand."
"Sabie is a very small town with a whole lot of character. We really enjoyed our stay there. Dined at African Elephant, the staff is friendly and loving. Had some burgers at Zanos, a great place for youngsters."
"Alhoewel die dorp se paadjies vol slaggate was, is dit 'n baie rustige dorpie met baie lekker kuierplekke en restaurante. Smoky's-treinrestaurant is definitief die moeite werd om te besoek, asook Sabie Brewing Co en die watervalle."
"Up the security at the entrance. Make transport and security available to the waterfall. Thanks."
"Sabie was 'n wonderlike trippie. Naby genoeg aan al die wonderlike watervalle en ander dorpe. Dis goedkoper as Hazyview. Klein. maar wonderlik."
""Epic" wegbreek met van die mooiste besienswaardighede in SA."
"Sabie is lekker sentraal want jy kan Hazyview toe ry asook Graskop toe ry en al die besienswaardighede daar ook gaan sien."
"Sabie is 'n fantastiese klein dorpie. Veral omdat dit die beste boekwinkel het! Dit is gerieflik naby Pilgrimsrus en enige ander plek wat 'n mens gou wil besoek. Baie beter as die vertrapping by die see!"
"Tipiese klein dorpie, stil en rustig met baie om te doen. Net jammer so baie van die winkels staan leeg. En die wat wel oop is vra 'n arm en 'n been vir die goed op die rakke."
"Dis 'n bietjie vervelig vir tieners wat nie maklik maats maak nie. Swembaddens moet meer gereeld skoongemaak word. Dit sou lekker wees as daar 'n wipmat of selfs "volleyball" baan was, maar ek verstaan dat dit nie gewens is vir die weer nie. Ons het dit regtig baie geniet."
"Die natuur is pragtig en altyd die moeite werd om die dorp te besoek. Ongelukkig ervaar Sabie daagliks "load shedding" wat nie gerieflik is nie. "
"Besoek gerus vir Hannes Potgieter by die toeriste-info desk, dit het baie gehelp om sy insette van besoek plekke te hoor. Sabie brewing co. is ook 'n moet."
"Sabie is a nice town and clean. It is a beautiful part of the country and within day visits there are several activities within nature to enjoy. It has 3 or 4 petrol stations and 4 or more liquor outlets. However, if you need items other than alcohol or fuel and the local Spar doesn't sell it, there is very little options available other than a day trip to Nelspruit/Mbombela. Some of the restaurants in town were disappointing in that items on their menu's were not available."
"Die beurtkrag eis beslis sy tol in Sabie met baie van die kleiner winkeltjies wat toegemaak het."