Geverifieerde Resensie
Sabie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sabie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 702 resensies.
"Sabie is 'n goeie basis vanwaar mens na die Blyde Rivier Canyon (a must see), God's Window, Pelgrim's Rus, ens kan gaan. Sabie self is 'n baie mooi dorp en van die mooiste watervalle is in Sabie (Lonecreek falls was vir ons die mooiste). Daar is ook vele aktiwiteite soos perdry, bergfiets, flyfising, ziplining, ens in en om Sabie."
"Its the first time we stayed in Sabie, and we loved the area. It's beautiful and there is loads to see around Sabie. Our stay was too short to see everything available. We will definitely return to the area. "
"Dit is sentraal en baie gerieflik. As jy 'n natuurliefhebber is en hou van stap en foto's neem, is Sabie net die plek vir jou. "
"Cute little town. Felt like we were in a fairy tale! Everything was fantastic. I have to put in the down side, the local Spar is not very friendly. We were there a few times, not a single smile. But I suppose every good has a little bit of bad. Sabie is really the place to go when you need to get away! Be sure to go to the info office and get friendly, free service and a map of all the lookouts and nice things in and around Sabie. "
"Dit is so lekker om oral by watervalle en besienswaardighede te stop en soveel oorsese besoekers in ons land te sien. Daar is tog hoop vir SA toeriste. Hou aan bemark dis die moeite werd! Ek weet nie onder wie val Mac Mac Poele nie maar die pryse daar is nie in lyn met die ander plekke nie. Net om te stop om na die poele te kyk en ry, en daar is die tyd van die jaar nie water nie, sou ons R90 kos, baie mense wil nie piekniek vir die dag nie. Hulle het baie geld verloor omdat almal by die hek omgedraai het. Vra ook R10 per kar vir kyk en ry soos die ander watervalle. (Net 'n voorstel.)"
"Sabie is pragtig, en 'n klipgooi van al die pragtige Panoramic Route besienswaardighede af, sowel as van Pilgrims Rust. "
"Dis 'n ontvlugting van die daaglikse lewe. Ons wou nie terugkom na ons tuiste nie. Het heerlik ontspan met die natuur en die berge om ons."
"Die baie bome is vir ons Hoëvelders ongelooflik mooi. Dorp is skoon en mense baie vriendelik. Klimaat is ook lekker. Baie besienswaardighede om te sien in die omgewing. Padwerke via Lydenburg (Mashishing) was baie ontwrigtend en bevel aan om eerder via Nelspruit te ry."
"Sabie het ongelooflike mooi natuurskoon. Alles lekker naby mekaar. Mens kan by een basis bly en baie verskillende plekke besoek."
"Alle inwoners waarmee on kontak gemaak het baie vriendelik en behulpsaam. Baie dankie."