Geverifieerde Resensie
Scottburgh
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Scottburgh bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 250 resensies.
"Baie stil, mooi dorpie met vriendelike mense. Nello's resturant is 'n ongelooflike plaaslike juweel met die beste "bunny chows" in die wêreld. Definitief die moeite werd."
"What a nice and relaxed environment. The place is beautiful and neat. We had a great stay, no complaints whatsoever. We are definitely coming back."
"Ongelukkig is Scottburgh besig om te verval met paaie en sommige huise wat nie onderhou word nie. Wetstoepassing is ook iets wat nie bestaan nie, met taxi’s en bestuurders wat net doen wat hulle wil. Geen ontsag vir die gemeenskap en besoekers nie."
"Was net baie bly om uiteindelik daar uit te kom. Glad nie een dag spyt nie. Baie mooi plekkies en die strande is ook mooi."
"Ek hou van Scottburg omrede dit sentraal is. Port Shepstone, Margate en Durban is binne bereik vir persone wat nie net op een plek vir die hele vakansie wil bly nie. Die geriewe by die strand in Scottburgh het self 'n bietjie agteruitgegaan in 2 jaar se tyd."
"Beach is great, not just around Scottburgh but also just outside. Very relaxed vibes, very cool place to visit."
"The town and beaches where clean and all the shops we entered the staff where friendly. The staff at Food Lovers are very helpful and willing to assist. Thank you."
"Raas verskriklik baie by die hoofstrand in die aande en die mense mors baie by die hoofstrand in die aande. Die strand lyk baie gevaarlik om te wees in die aande. Die dorp self het baie agteruit gegaan oor die jare. Daar is ook nie veel om te doen vir vakansiegangers nie."
"Pragtige strande en die winkelsentrums is nice! Was bietjie asmaties gewees as gevolg van die klimaatsverandering, maar die diens by dokters was 'n ander storie... swak diens, baie teleurstellend. Anders was alles nice."
"Scottburgh is 'n lieflike plekkie, maar sal definitief nie weer binneseisoen gaan nie! "
"Baie lekker strand met lekker gras waar jy kan ontspan as jy nie heeltyd sand onder jou voete soek nie. Netjies en skoon en nie oorbevolk nie."
"We always come to Scottburgh for our sea-side holidays as it has beautiful, peaceful beaches, safe, and the people are always friendly and helpful. A favourite holiday destination."