Geverifieerde Resensie
Sedgefield
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sedgefield bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 630 resensies.
"Goeie toeristebestemming. Parkering bietjie knap andersins skoon en baie mooi instandgehou. "
"Sedgefield is 'n baie oulike plekkie. Daar is genoeg winkels, restaurante en koffiewinkels om te besoek ook en is nie te ver van Knysna, Wildernis en George. Die mense is vriendelik en mens voel gou tuis. Genoeg plekke tussen 3 strande (Cola, Myoli en Gericke) en die lagoon om verskeidenheid in dag by die water te bring. So bly ons was daar!"
"Ons is mal oor Sedgefield, hoop die plek bly klein en word nie oor-ontwikkel soos Plet nie. 'n Regte vakansiedorp!"
"Sedgefield het 'n paar winkeltjies waar jy ornamente of geskenkies kan koop vir die persone wat by die huis agterbly. Almal soek mos altyd ietsie as jy terugkeer huis toe. Daar is veral antieke motors wat n groot belangstelling vir alle mans is en daar is definitief baie ou karre. Sedgefield is n klein dorpie en baie skoon en rustig."
"Sedgefield is 'n rustige dorpie met mooi strande, areas en sonsondergange van die strande af. Mense is gaaf en gee baie inligting oor plekkies om te besoek. Sedgefield is sentaal geleë as 'n mens plekke soos George, Mosselbaai, Knysna en Plet wil besoek. Daar is prag strande, eetplekkies, asook berge en damme wat besoek kan word."
"Baie oulike restaurante. Fiynbosch Coffee baie oulik, Tea for two, La Piazza, Pili, Pili en dan die beste Montecello. "
"As jy in Sedgefield vakansie hou moet jy na die naburige dorpe ry vir vermaak."
"Dit Is 'n dorpie waar almal vriendelik en bedagsaam is. Winkels en selfs die bottelstore werk lang ure. "
"Ja, ons tydjie was te kort om alles in te pas. As jy daar tuis gaan, is daar net só baie om te doen. Sedgefield is lekker geleë om plekkies naby ook te besoek. "
"Restauranteurs should allow dogs, as happens in Cape Town: my standard poodle is better behaved than any young children. "
"Sedgefield is pragtig, 'n stukkie van my hart het tien jaar gelede daar agtergebly toe ek weg is daar. 'n Pragtige uitsig vanaf "Cloud 9" en 'n rit daarheen is beslis die moeite werd. Die "Wild Oats Market" op 'n Saterdagoggend is ook iets wat nie gemis moet word nie. "